
BRIEF: 20180330
11 April 2018
Geagte Ouer
OPVOEDKUNDIGE TOERE 2018
Hiermee die daaglikse program vir die toer vir u aandag, sodat u ʼn ingeligte besluit kan neem of u kind wel die toer gaan meemaak.
Die inligting vir Gr. 5-leerders is soos volg:
DATUMS: 16 – 20 Julie 2018
PLEK: “Blyde Canyon Outdoor Centre”
KOSTE: R3 200.00
Die volle bedrag is betaalbaar teen einde Junie.
Betalings wat elektronies gemaak word, kan in die gewone rekening van die skool inbetaal word.
Gebruik asb. die volgende as verwysing:
Leerders se naam en van, graad en toer bv. Anton van Wyk Gr. 5Z-toer.
Voltooi asseblief die onderstaande strokie, sowel as die mediese vraelys, en die vrywaringsvorm. Die volledig voltooide pakkie moet asseblief terug na u kind se registerpersoneellid gestuur word voor of op Vrydag, 13 April 2018.
Groete
________________________ ________________________
MNR. A. VAN WYK MNR. G.G. ROUSSEAU
ORGANISEERDER HOOF