Renier Cronje

Dit is met groot hartseer dat ons as Roodie-familie moet afskeid neem van Renier wat gistermiddag oorlede is. Ons groet Renier met 'n swaar hart, ons gebede en omgee gaan uit aan Elna, Marno, sy familie en vriende wat vir hom baie lief was. Ons as Roodie-familie gaan jou baie mis! Jy sal altyd onthou word as die man wat nooit kon nee sê en was altyd behulpsaam wanneer hulp gevra was. Renier het altyd tyd gemaak vir alle mense en altyd 'n grappie gemaak wanneer dit die nodigste was. Hy het die grootste hart gehad en die lewe voluit gelewe... Ons as Roodie-familie se harte is stukkend. Renier ons groet jou met liefde in ons harte en met al jou goeie herinneringe.

Etikette