Netbal: Finale kamp-reëlings

BRIEF:  20190205

11 Februarie 2019

SPORTISIMO-NETBALTOERKAMP – ZWARTKLOOF

22 – 24 FEBRUARIE 2019

ROODEKRANS – NETBAL: “EEN DOEL VOOR OË”

Geagte Ouers

FINALE NETBALKAMP-REËLINGS

Ons is baie opgewonde oor elkeen van die dogters wat aangedui het dat hulle hierdie jaar die netbalkamp te Zwartkloof gaan bywoon. Dit is uiters belangrik dat al ons speelsters van hierdie geleentheid gebruik maak, aangesien dit van onskatbare waarde is in ons voorbereiding vir die komende  seisoen.

Die bus vertrek om 10:00.

Dogters trek gemaklike klere en netbaltekkies aan.

Ouers sal deurentyd op hoogte gehou word d.m.v. die sms-stelsel.

Onthou kospakkies vir die middag.

Verkorte program:

Dag 1 – 22 Februarie

14:00   Aankoms en registrasie

15:00   Sessie 1: Netbal

17:00   Swem en ontspanning

19:40   Spanbou    

Dag 2 – 23 Februarie

07:15   Sessie: Netbal

10:00    Sessie: Netbal

11:40   Spanbou

14:00    Spanbou

15:30    Sessie: Netbal

17:30    Swem en ontspanning

20:00    Spanbou

Dag 3 – 24 Februarie

08:00   Sessie: Netbal

09:00    Wedstryde

11:10    Afsluiting

11:30   Vertrek

Tyd van aankoms: Ons beoog om weer Sondag,  24 Februarie 2019 om 15:00 terug te wees by die skool.

PERSONEEL WAT DIE SPEELSTERS VERGESEL:

O/9 -    Me. Antoinette Rousseau

            Me. Danell Human

            Me. Charmaine van Eyssen

O/10    Me. Annatjie Hattingh

            Me. Barbara Hattingh (Yvette van As)

            Me. Vicky Preiss

O/11    Me. Ané Butner

            Me. Ané Louw

            Me. Jana van Wyk

O/12    Me. Tanie J. van Rensburg

            Me. Mercia Geldenhuys

            Me. Kylie Lutman

O/13    Me. Adele Rozenkrantz          

VRYWARINGSVORMS EN MEDIESE VORMS:

Die uitstaande vorms moet so gou as moontlik volledig ingevul en teruggestuur word aan u kind se afrigter. Geen speelster mag op die bus klim alvorens sy nie die vrywarings- en mediese vorms ingehandig het nie.

Vind aangeheg die Zwartkloof-vrywaringsvorm, benodigdhedelys en padkaart.

Netbalgroete

ME. A. ROUSSEAU                   M. SWANEPOEL                           G.G. ROUSSEAU

ORGANISEERDER                   SPORTHOOF                                HOOF