
Beste Ouers
Dit is met groot hartseer dat ons met jul wil meedeel dat juffrou Cherani vanoggend in die hospitaal oorlede is. Dit is vir ons as Roodie-familie ‘n groot skok. Ons bied die nodige ondersteuning aan die kinders en personeel. Ons bid vir haar familie en haar dogter in hierdie baie swaar tyd.
