Hokkie: 1ste-Spanne Trots Op Nuwe Klere.

 

Rodeo

Laerskool Roodekrans is baie bevoorreg om ongelooflike ondersteuning uit ons gemeenskap te ontvang.

Ons nuutste vriend van Roodies is MONUMENT TOYOTA wat as borg vir ons eerste hokkiespanne na vore getree het. Hulle het goedgunstig ingestem om die 0/13-dogters sowel as die senior seunsspan se klere te borg.

Op die foto’s kan gesien word hoe spoggerig ons seuns en dogters in hul nuwe klere lyk. Dit is vir ons ‘n voorreg om met ‘n handelsmerk soos TOYOTA geassosieer te word en ons is ongelooflik dankbaar vir hul vertroue in ons.

Weereens baie dankie aan MONUMENT TOYOTA en spesifiek by name Mnr. Deon Viljoen vir hulle betrokkenheid by ons skool. Indien enige van ons mense in die gemeenskap in die mark is vir ‘n nuwe voertuig kan julle gerus MONUMENT TOYOTA kontak op 087 723 9262

Baie dankie vir u ondersteuning van ons borge.

#VriendeVanRoodies
#TrotseRoodies
#Roodiehokkie