GSF: Huiswerk

 

 

GR. 1  Huiswerk 14 Jan. - 17 Jan. 2020
Dinsdag: 14 Jan.
  • Skool begin.
  • Leerders ontvang belangrike inligtingsbriewe wat asb. volledig ingevul moet word. Stuur alle briewe asb. voor of op Vrydag, 11 Jan. terug.
Woensdag: 15 Jan.
  • Afr:  Trek asb. alle boeke met dik plastiek oor. Trek die blanko-boek met geen prentjie bo-op nie, met koerantpapier oor. Onthou om u kinders se naam bo-op die boek te skryf.
  • Inligtingsaand: Verpligte oueraand om 18:00 in die onderskeie Gr. 1 - klasse.
  • Presensie word geneem.
Donderdag: 16 Jan.
  • Sê die gediggie wat in die klas aangeleer is vir mamma en pappa en doen die aksies.
  • Spring tou. 
Algemeen
  • Saterdag 18 Januarie 2020,
  • Interhuis atletiek by Laerskool Roodekrans.
  • LW alle leerders neem deel. Alle leerders moet 07:40 in hulle klasonderwyseres se klas aanmeld.  

 

 

Gr. 2 Huiswerk: 15-17 Januarie 2020

Welkom terug. ’n Aangename jaar vir jou en jou gesin.

Dagboek asb. Maandag 20 Januarie om 18:00 is Verpligte Inligtingsoueraand in saal en klasse.

Indien u geen ander verblyf tot 20:00 vir u kinders kan tref nie, moet hulle onder toesig in die personeelkamer wees.

Woensdag: 15 Januarie 2020

Algemeen:

  • Kleur die voorblaaie se prentjies klaar in, as jy dit nie in die klas voltooi het nie, voor mamma die boek met plastiek oortrek.
  • Mamma - Trek asb. alle nuwe boeke oor met plastiek.
  • Ook die leesboeke en handboeke asb. (Asb. nie plakplastiek nie.)
  • Maak seker dat jy jou stoelsakkie skool toe bring.
Donderdag: 16 Januarie 2020

Afr:

  • Lees Ruimlees bl. 1
  • Hersien a- en e-woorde op bl. 3 in Spelboek.
Vrydag: 17 Januarie 2020
  • Trek al jou boeke oor en maak al jou stomp potlode skerp is.
  • Maak seker dat jy ‘n 2H grys potlood het en nie HB nie.
  • Al jou skryfbehoeftes moet weer Maandag by die skool wees.
Saterdag: 18 Januarie 2020
  • Interhuis atletiek vir alle Gr R-3 leerders.
  • Meld 07:40 aan op atletiekbaan.
  • Byeenkoms begin stiptelik 08:00
Algemeen:

LO:

Leerders kom slegs op die volgende dae met die korrekte LO-drag skool toe.

Gr. 2D Juf. Diedre - Maandag, Vrydag.

Gr. 2V Juf. Laetitia - Woensdag, Vrydag.

Gr. 2R Juf. Rene - Dinsdag, Donderdag.

Gr. 2L Juf. Amanda-Lee - Maandag, Donderdag.

Gr. 2Y Juf. Yvette - Woensdag, Donderdag.

Gr. 2J Juf. L’Dean - Maandag, Woensdag.

 

 

Gr. 3 Huiswerk: 15-17 Januarie 2020

Welkom terug. ‘n Aangename jaar vir jou en jou gesin.

Dagboek asb. Maandag 20 Januarie om 18:00 is Verpligte Inligtingsoueraand in saal en klasse.

Indien u geen ander verblyf tot 20:00 vir u kinders kan tref nie, moet hulle onder toesig in die personeelkamer wees.

Woensdag: 15 Januarie 2020 Skool sluit 13:30

Algemeen:

  • Kleur die voorblaaie se prentjies klaar in, as jy dit nie in die klas voltooi het nie, voor mamma die boek met plastiek oortrek.
  • Mamma - Trek asb. alle nuwe boeke oor met plastiek.
  • Ook die leesboeke en handboeke asb. (Asb. nie plakplastiek nie.)
  • Maak seker dat jy jou stoelsakkie skool toe bring.
Donderdag: 16 Januarie 2020 Skool sluit 13:30

Alle leerders wat in 2010 gebore is gaan môre aan die seniors se Interhuis atletiek deelneem. Trek asb. LO-klere aan.

Vrydag: 17 Januarie 2020 Gr. 3-leerders kom voortaan op Vrydae om 13:00 uit. Wagklas is beskikbaar.
  • Trek al jou boeke oor en maak al jou stomp potlode skerp is.
  • Maak seker dat jy ‘n 2H grys potlood het en nie HB nie.
  • Al jou skryfbehoeftes moet weer Maandag by die skool wees.
Saterdag: 18 Januarie 2020
  • Interhuis atletiek vir alle Gr. R-3 leerders.
  • Meld 07:40 aan op atletiekbaan.
  • Byeenkoms begin stiptelik 08:00
Algemeen:

LO:

Leerders kom slegs op die volgende dae met die korrekte LO-drag skool toe.

Gr. 3R Juf. Riana     - Maandag, Vrydag.

Gr. 3N Juf. Natasha - Maandag, Woensdag.

Gr. 3G Juf. Geline    - Dinsdag, Vrydag.

Gr. 3A Juf. Ané       - Dinsdag, Donderdag.

Gr. 3M Juf. Marca    - Woensdag, Vrydag.

 

Etikette