Taalportaal

 

Rodeo

Taalwenk: Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "Familiebybel, Kanselbybel, Kinderbybel".  Taaltoffie: Die oortreffende trap van vars is "die varsste". Taalfeit: Die eerste Afrikaanse koerant het op 15 Januarie 1876 verskyn en die koerant se naam was "Die Afrikaanse Patriot". Idioom en betekenis: "Spekskiet" beteken om te jok. Aanhaling van die week: "Liefde is daar of hy is nie daar nie. Dis soos eerlikheid of slegtigheid. Dis daar of nie."- P.G. du Plessis Vaste uitdrukking: Die vaste uitdrukking "tot tyd en wyl" beteken voorlopig. Woord van die week: Volksmond Roodies, ons hoop jul almal geniet die Taalportaal! Onthou om julle bydraes te stuur. AFRIKAANS IS MONUMENTAAL