Taalportaal

 

 

 

youtubeLaerskool Roodekrans  se YouTube Channel 

Stap 1: Gaan na die Laerskool Roodekrans Tuiste op Youtube. Volg hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UC422QLr_6nQLq2YvbOzSJ6Q
Stap 2: Klik op die "Subscribe" knoppie om Laerskool Roodekrans te volg.
Stap 3: Klik op die klokkie ikoon om in kennis gestel te word as enige nuwe video opgelaai is.

 

Laerskool Roodekrans  se TWEEDE YouTube Channel vir Graad 6 en 7
Stap 1: Gaan na die Laerskool Roodekrans Tuiste op Youtube. Volg hierdie skakel:  https://www.youtube.com/channel/UC6RvkD8QwYx7rzLJLqL3ubA/

Stap 2: Klik op die "Subscribe" knoppie om Laerskool Roodekrans te volg.
Stap 3: Klik op die klokkie ikoon om in kennis gestel te word as enige nuwe video opgelaai is.

Die volgende datums soos deurgegee deur die Minister van Basiese Onderwys gisteraand, is onderhewig aan goedkeuring deur die regering:

4 Mei - Open sektor - Distrikskantore
21 Mei - Rapporteer Bestuurspan by die skool.
?? Mei - Rapporteer Personeel by die skool
1 Junie - Gr. 7-leerders by die skool.

Die ander grade sal stelselmatig ingefaseer word.

Ons hoop elke Roodie en hul gesin is veilig en gesond.

#Roodiesgeeom
#Waardegedrewe

 

 

 

Taalwenk:

Geografiese name, soos die name van kontinente, begin met 'n hoofletter, bv. Afrika of Europa, asook Australië.

Taaltoffie:

 Byvoeglike naamwoorde wat op 'n "e" eindig (bv. tevrede), kry meer en mees in die trappe van vergelyking. Bv: tevrede, meer tevrede, die mees tevrede.

Taalfeit:

C. Louis Leipoldt was een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse taal. Hy was deel van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging en het al op agt jarige ouderdom die lektuur van Nederlandse skrywers bestudeer. Saam met ds. S.J. du Toit, leier van die Afrikaanse Taalbeweging, was hulle deel van die Tweede Taalbeweging en het 'n soort pioenierswerk verrig. C. Louis Leipoldt was 'n wonderlike mens, digter, koskenner, prosaskrywer en een van Afrikaans se grootste dramaturge.

Idioom:

Die idioom 'blou bloed' ('adel'), het sy oorsprong in die middeleeue toe die adel nie gewerk het nie en nie eintlik in die son gekom het nie. Hulle blou are was dus duidelik sigbaar onder hul bleek velle. Die mense het dus gedink die adel het blou bloed.

Vaste uitdrukking:

'n 'Bakkersdosyn' beteken 'dertien'. Bakkers het een brood by hul dosyn (12) bygevoeg, om vervolging ingevolge streng wette oor geknoeiery vry te spring.

Woord van die week:

Tradisie

Aanhaling van die week:

"Geloof maak alle dinge moontlik, liefde maak alles maklik."- Uit 'n gedig van die Taalmonument.

'n Terloopse gedig vir die week:

Onderwysers

Ons bou met meer as staal of steen,

die volkswees wentel om ons heen;

en jare wat ons dien word ryp

in elke kind wat meer begryp.

G.A. Watermeyer