Nuusflits - Desember 2015

Uitgawe Nr
12
Datum

GEDAGTE VIR DIE MAAND

Die wonder van Kersfees eindig nooit nie, want die grootste geskenk is familie en vriende wat heeljaar met ons is. – Anoniem

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

So het ons ongelooflik vinnig aan die einde van nog ʼn jaar gekom. ʼn Jaar wat gevul was met prestasies op alle gebiede, vanaf akademie, sport en selfs ons kultuur het voorwaar puik presteer. Ons leerders het die Roodie-naam ten alle tye hoog gedra.

Hou so aan in 2016!

Ek wil graag uit die diepte van my hart my dank uitspreek teenoorelke ouer, grootouer, leerder en personeellid sowel as hulle gadesvir al die toewyding en lang ure van oefen tot wedstryde en optredes.

Dit maak hierdie jaar vir my as Hoof wees so ongelooflik spesiaal.

Ons sien uit om 2016 met vol entoesiasme aan te pak!

Ons wens u gesinne ʼn Geseënde Kersfees toe. Mag u voorwaar ʼn ware Christusfees ervaar.

Indien u op vakansie gaan, wens ons u ʼn veilige reis en lekker rus toe.

Hiermee ʼn lys van die Roodie-prestasies van 2015 en ek glo as u hierna kyk,

u saam met ons leerders en personeel voorwaar trots sal wees op die Roodies.

ATLETIEK

Daar is 23 Atlete in die Roodepoortspan opgeneem waarvan 14 Atlete daarna in die D12-span opgeneem is. 1 Atleet het deurgedring en is in die Gauteng-span opgeneem wat by die SA-kampioenskappe gaan deelneem het. Die leerder het tydens die SA-kampioenskappe eerste in gewigstoot, vyfde in diskus en agste in spiesgooi geëindig.  

NETBAL

Ons netbal bevorder massadeelname by die 0/6’e – 0/8’s, Vanaf 0/9 – 0/13 is daar A, B en C-Spanne.

Vyf Spanne het uit die stryd getree as Ligawenners (JOMO-league). Een Span was Liganaaswenner (JOMO-league), Een C-Span was Ligawenners.

Ons 0/12A-span het sewende in Gauteng geëindig. 

Die 0/13A-span eindig vierde in Gauteng en derde in SA (Bronsmedaljewenners).

Uit die 0/13A-span is 3 speelsters opgeneem in die Roodepoortspan, 2 Speelsters behaal D12-span, 4 Speelsters behaal JOMO-ligaspan, 4 Speelsters behaal Gautengspan.

3 Speelsters word genomineer vir netbalspeelster van die jaar in Gauteng. Sazkia Hall word aangewys as beste netbalspeelster van die jaar in Gauteng.

Me. Suzanne Fourie word genomineer as beste afrigter van die jaar in Gauteng.

Ons spog met 10 D12-Skeidsregters, 10 Gautengskeidsregters en 1 SA-skeidsregters.

Ons 0/13A-span word aangewys as beste Laerskole netbalspan in Gauteng.

RUGBY

Ons speel ʼn totaal van 70 wedstryde, 2 spanne eindig onder die Top 8 in Gauteng. Nege seuns word verkies in die Sentraal-Wes rugbyspan en drie seuns word verkies vir die Goue Leeusspan sowel as 1 seun vir die  “Sevens-span”.

REDENAARS

Ongeveer 100 leerders neem deel aan interne redenaarskompetisie. 15 leerders neem daarna deel aan die 1ste rondte van ATKV-kompetisie. 4 leerders dring deur na die Gauteng-finale van ATKV-kompetisie. 1 leerder gaan verteenwoordig Roodies by die Nasionale ATKV-kompetisie en eindig onder Top 25 landswyd.

ATKV-SPELLATHON

2 Gr. 6-leerders neem deel op streeksvlak. 1 Gr. 6-leerder neem deel op provinsialevlak. 2 Gr. 7-leerders neem deel op streeksvlak. 2 Gr. 7-leerders dring deur na provinsialevlak. 1 Gr. 7-leerder behaal 7de plek in Gauteng. Met trots kan Roodies spog met die Gr. 7 Gauteng wenner.

ATKV-LEESPROJEK

16 Gr. 7-leerders neem deel en 6 Gr. 6-leerders neem deel.

SANLAM WOW-SPELFEES

Dis die eerste jaar wat Roodies deelneem aan die Sanlam Wow-spelfees.

In die Grondslagfase het 23 Gr. 1 – 3 leerders provinsiaal deel geneem, waarna 1 leerder nasionaal gaan deelneem het. 

By die Seniorfase het 18 Gr. 4 – 7 leerders gaan deelneem aan die provinsiale uitdunne.  1 leerder eindig onder die Top 15 op Nasionale vlak.

KUNSWEDSTRYD

58 Leerders van die grondslagfase (Gr. R – 3) het gaan deelneem. In die Seniorfase    (Gr. 4 – 7) het 68 leerders gaan deelneem. In totaal het ons die volgende toekennings verower.

20 - A++ toekennings.

17 – A+ toekennings.

16 – A toekennings.

16 – B+ toekennings.

38 – B toekennings.

8 – C+ toekennings.

25 – C toekennings.

WISKUNDE-OLIMPIADE

1 Gr. 7 leerder eindig derde in Gauteng.

Ons kan met baie trots spog met ʼn Provinsiale- en Nasionale wenner van Wiskunde-in-aksie Gr. 6 en Gr. 7.

SKAAK

Die 0/9- en 0/13-spanne was Roodepoort Liga-naaswenners. 

Die 0/9-span was die D12-kampioenskap naaswenners.

LANDLOOP

Daar neem ± 90 atlete vanaf 0/8 – 0/13 vanjaar deel. 21 atlete het gaan deel neem aan die Roodepoort kampioenskappe 0/9 – 0/13. Na die Roodepoort kampioenskappe word 6 atlete in die D12-span opgeneem.

KRIEKET

Ons kan spog met ʼn totaal van 14 seuns in die verskeie ouderdomsgroepe wat opgeneem is in die Sentraal-wesspanne.

0/9 – 3 Seuns, 0/10 – 3 Seuns, 0/13 – 4 Seuns en 0/13 – 4 Seuns in Gauteng-Wesspan. Ons 1ste span het uit die stryd getree as Ligawenners.

HOKKIE

Daar het ongeveer 400 seuns en dogters van 0/6 – 0/13 hokkie gespeel. Ons 0/10A-hokkiespan is D12-wenners.

Daar word 8 spelers in die D12-span opgeneem (3 seuns en 5 dogters). Ons spog met een Suid-Gautengspan speelster.

TENNIS

Daar het 4 spanne deelgeneem aan die liga. Twee van die 0/14 spelers is gekies vir die D12-span.

KOOR

Beide ons kore het voorwaar puik presteer in 2015.

Juniorkoor

Haal die finale rondte van die Kyknet Sing-in-Harmonie Koorkompetisie, hulle het hul nasionale televisie debuut gemaak op Kyknet.

Seniorkoor

Met baie trots word ons Seniorkoor aangewys as programwenners van die eerste rondte van die Kyknet Sing-in-Harmonie Koorkompetisie.

Hul verskyn op nasionale televisie tydens die finale uitdunne by Silverstar Casino. Daar word hulle aangewys as afdelingswenners in die kategorie: “Beste gewyde lied” in dié kompetisie.

MENTAL MATHS

Ons slimkoppe het voorwaar puik presteer hierdie jaar tydens die Mental Maths kompetisie.

Ons leerders het die volgende plekke behaal op Gautengvlak: Die Gr. 3-leerder behaal vyfde plek, die Gr. 5-leerder en Gr. 7-leerder behaal beide derde plek.

ENTREPRENEURSKAP

Ons Entrepreneursmarkte vier mondigwording.

PERSONEEL-AANGELEENTHEDE

Roodie-familie

Personeel wat ons verlaat

Ons groet na 21 jaar vir Juffrou Marlaine Badenhorst. Ons bedank haar vir haar toegewydheid en lojaliteit deur die jare. Sy het diep spore getrap in die lewe van menigte Gr. 3-leerders asook netbalspeelsters. Geniet die kosbare tyd by die huis saam met u gade, kinders en kleinkinders.

Die volgende personeel verlaat die Roodie-familie aan die einde van die jaar.  Ons waardeer opreg u toegewydheid en insette wat u gelewer het op alle vlakke by die Roodies.  Ons wens u alle sterkte en voorspoed toe vir u loopbane vorentoe.

Juffrou Lené Bouwer – Gr. RR

Juffrou Riëtte Wolmarans – Gr. R

Juffrou Jolinda du Preez – Gr. 1

Juffrou Annelie Botha – Gr. 5

Verjaarsdae

Baie geluk aan die volgende personeel wat verjaar het in November. ʼn Geseënde lewensjaar word u toegewens. Ons hoop u het ʼn wonderlike dag gehad.

·        4 November – Juffrou Ria Viljoen

·        9 November – Juffrou Jane Oosthuizen

·        10 November – Juffrou Isolde Smit

·        16 November – Juffrou René Vere

·        22 November – Juffrou Renita Coetzer

·        23 November – Juffrou Vicky Preiss

·        27 November – Juffrou Maritha Jordaan

Die volgende personeel verjaar gedurende die Desembervakansie. Baie geluk met u verjaarsdae wat voorlê vanaf Maandag, 1 Desember tot die einde van Januarie. ʼn Geseënde lewensjaar word u toegewens.

·        12 Desember – Juffrou Annemarie van Biljon en Emily Pitso – Algemene werker

·        15 Desember – Juffrou Leana du Toit

·        29 Desember – Juffrou Annatjie Hattingh

·        5 Januarie – Juffrou Hanliëtte Oosthuizen

·        13 Januarie – Juffrou Michelle Marais

·        14 Januarie – Juffrou Diedre Lues

·        25 Januarie – Juffrou Rozelle Gray

OUERS EN KINDERS WAT ONS VERLAAT

Aan almal wat nie meer van volgende jaar af aan ons skool verbonde is nie, wil ons ook graag baie dankie sê vir al u insette en ondersteuning deur die jare. Alles wat mooi is, word julle toegewens.

ALLE LEERDERS VAN ONS SKOOL

Baie dankie vir julle pragtige samewerking deur die jaar en die vele prestasies wat bereik is op akademiese-, kultuur- en sportgebied.  Geniet julle vakansie!

GRAAD 7-LEERDERS

Aan al ons Gr.7-leerders en –ouers wat ons skool gaan verlaat, wil ons graag baie dankie sê vir al u insette en ondersteuning deur die jare. Ons kan ook met dankbaarheid terugkyk oor die groot mylpale u kinders saam met ons hier by Roodies bereik het.

VERSLAE (RAPPORTE)

Alle leerders  (Gr. RR – 7) ontvang verslae op Woensdag, 9 Desember tussen 08:00 en 09:00. Indien leerders nie rapporte self kan ontvang nie, word dit in graadverband in die kluis gebêre tot Januarie 2016.

FUNKSIONERING VAN NASKOOLSENTRUM VANAF WOENS, 18 NOVEMBER TOT DINS, 9 DESEMBER 2015

Gedurende bogenoemde dae sal die sentrum slegs vir leerders, wat deur die jaar die sentrum bygewoon het, funksioneer vanaf 13:00 tot 17:30L.W. Naskoolsentrum sal ook saam met die skool sluit die 9de Desember – 10:00.

LEERDERS WAT AAN DIE EINDE VAN DIE JAAR VERHUIS (GR. RR – 6)

Indien u seker is dat u kind/ers volgende jaar (2016) nie in Roodekrans sal wees nie – laat weet ons per e-pos,  [email protected]  so spoedig moontlik asb.

ROODIEKAS-URE

Die Roodiekas sal oop wees op die volgende dae en tye.

8 – 12 Januarie – 09:00 – 12:00.

Nuwe en tweedehandse klere is beskikbaar.

Kontak: Ivy Kruger 074-436-3157

Slegs kontant

2016 – SKOOLKALENDER EN SKOOLVAKANSIEDAE

 

Skole open

Skole sluit

1

11 Januarie – Skole open vir personeel.

12 Januarie – Skool open vir Gr. RR-, Gr. R- en Gr. 1-leerders.

13 Januarie – Skool open vir Gr. 2 – 7 leerders.

18 Maart

2

5 April

17 Junie – Skoolvakansiedag     

24 Junie

3

18 Julie

8 Augustus - Skoolvakansiedag   

30 September

4

10 Oktober

7 Desember

 

2016 – SKOOLFONDS

Tydens die begrotingsvergadering wat gehou is op 22 Oktober 2015 is die volgende bedrae goedgekeur vir skoolfonds vir volgende jaar:

Gr. RR

R16 250.00 vir die volle jaar of R1 625.00 per maand vir 10 maande.

Gr. R

R15 000.00 vir die volle jaar of R1 500.00 per maand vir 10 maande.

Gr. 1-7

R13 770 vir die volle jaar of R1 377.00 per maand vir 10 maande.

Daar sal geen korting toegestaan word vir gelde wat voor 28 Februarie 2016 ten volle betaal is nie.  Ook geen korting sal toegestaan word aan ouers wat gebruik maak van die debietorderstelsel nie.

Ouers wat wil aansoek doen vir vrystelling moet dit jaarliks doen.  Die vorms is van einde Januarie 2016 beskikbaar in die kantoor.

Naskoolgelde beloop R70 registrasiefooi (eenmalig) en R500 per kind per maand vir 11 maande.  Vorms vir registrasie is beskikbaar in die kantoor.  GEEN kind sal toegelaat word by die naskool sonder die nodige registrasiedokument nie.  Registrasie moet jaarliks gedoen word.

BELANGRIKE DATUMS VIR KWARTAAL 1 - 2016

Hiermee die voorlopige kwartaalprogram vir die vierde kwartaal. Indien daar enige veranderinge is, sal dit so gou as moontlik op die D6 sowel as op die web aangebring word.

DATUM

AKTIWITEIT

TYD

PLEK

 

DESEMBER

Woensdag, 9

Skole Sluit vir leerders vierde kwartaal - Rapporte gaan uit.

08:00 - 09:00

 

JANUARIE

Maandag, 11

Skole begin Personeel.

7:30

 

Maandag, 11

Alle Leiers by skool.

7:30

 

Dinsdag, 12

Leiers by skool.

7:30

 

Dinsdag, 12

Gr. RR – Gr. 1 eerste skooldag en foto’s.

08:00 – 12:00

 

Dinsdag, 12

Lindie Strydom praat met Gr. RR – Gr. 1-ouers.

08:30

 

Woensdag, 13

Skool begin vir leerders Gr. 2 –     Gr. 7-leerders.

7:30

 

Donderdag, 14

Briewe vir RO en Audibloxklasse na ouers.

 

 

Donderdag, 14

Atletiek oefening begin.

13:30

 

Donderdag, 14

Gr. 1-oueraand.

18:00

 

Donderdag, 14

Lindie Strydom praat met Gr. 2 –  Gr. 7-ouers.

18:00

 

Vrydag, 15

Gr. 4 – Gr. 7 Roodie Atletiek-kampioenskappe.

07:30

 

Saterdag, 16

Gr. R – Gr. 3 Atletiek.

8:00

 

Maandag, 18

Gr. RR en Gr. R-oueraand.

18:00

 

Maandag, 18

Gr. 2 en Gr.3-oueraand.

18:00

 

Maandag, 18

Alle Audiblox- en buitemuurse RO-klasse begin.

13:00

 

Dinsdag, 19

Gr. 4 – Gr. 7 oueraand.

18:00

 

Woensdag, 20

Individuele fotodag.

 

 

Woensdag, 20

Ouer- en onderwyser- komiteevergadering

17:00

Personeelkamer

Donderdag, 21

Atletiek Wierda Park. - Weg

13:30

Laerskool Wierda Park

Vrydag, 22

Senior Koor oefennaweek

13:30

 

Maandag, 25

Audiblox-oueraand.

18:00

 

Dinsdag, 26

Atletiek teen Weltevreden Park Primary – Weg.

13:30

Weltevreden Park Primary

Woensdag, 27

Beheerliggaamverkiesing.

18:00

 

Donderdag, 28

Toetsreeks begin.

 

 

Donderdag, 28

Toets – Wiskunde Gr. 4 – Gr. 7.

 

 

Donderdag, 28

Beheerliggaamvergadering.

18:00

 

Vrydag, 29

Prestige Atletiek Noordheuwel.

13:30

 

Vrydag, 29

Junior kooroefen-naweek.

13:30

 

FEBRUARIE

Dinsdag, 2

Spur 0/13-Netbal Georgetoer fondsinsameling.

18:00

Ruimsig Spur

Woensdag, 3

Redenaarskursus Seniors.

13:30

 

Woensdag, 3

RO – Taalklassies vir Gr. R en Gr.1-leerders begin.

13:00

 

Woensdag, 3

Toets – Afrikaans Gr. 4 – Gr. 7.

 

 

Donderdag, 4

Roodepoort Cluster A.

07:30

 

Vrydag, 5

Taakraadopleiding.

13:30

 

Saterdag, 6

Strategiese beplanning.

8:00

 

Donderdag, 9

Toets – Engels Gr. 4 – Gr. 7.

 

 

Woensdag, 10

Barnyard 0/13-Georgetoer fondsinsameling.

18:00

 

Woensdag, 10

Junior Redenaar Kursus.

13:30

 

Woensdag, 10

Roodepoort Atletiek-kampioenskappe.

7:30

 

Donderdag, 11

Toets – NW  Gr. 7.

 

 

Donderdag, 11

Toets – NW en Teg

 Gr. 4 – Gr. 6.

 

 

Vrydag, 12

CANSA Shavathon.

 

 

Vrydag, 12

Markdag.

 

 

Vrydag, 12

Navi Redd vertoning in skoolsaal.

18:00

 

Maandag, 15

Rugby en Netbal oefening begin

13:30

 

Maandag, 15

Gehoorsifting vir Gr. R en Gr. 1.

 

 

Maandag, 15

Rugby- en Netbal-ouerinligtingsaand.

18:00

 

Dinsdag, 16

Toets – KK Gr. 4 – Gr. 7.

 

 

Woensdag, 17

D12-Atletiek Kampioenskappe.

7:30

 

Vrydag, 19 - Sondag, 21

Familiekamp.

13:30

Klein Paradys Brits

Dinsdag, 23

Spur 0/13-Netbal Georgetoer fondsinsameling.

18:00

Ruimsig Spur

Dinsdag, 23

Toets – EBW Gr. 7.

 

 

Woensdag, 24

Interne Redenaar Kompetisie Seniors.

13:30

 

Donderdag, 25

Toets – LV Gr. 4, Gr. 5 en Gr. 7

 

 

Donderdag, 25

Beheerliggaamvergadering.

18:00

 

Vrydag, 26

Gauteng Atletiek.

7:30

 

Maandag, 29

Opvoedkundige toere Gr. 5 en Gr. 7.

 

 

Maandag, 29

Gr.R-visuele toetse.

 

 

MAART

Woensdag, 2

Opvoedkundige toere Gr. 4.

 

 

Woensdag, 2

Interne Redenaars Kompetisie Juniors.

13:30

 

Donderdag, 3

Toets – LV Gr. 6.

 

 

Vrydag, 4

SA-Atletiek.

7:30

 

Vrydag, 4

Netbalkliniek  0/6 - 0/8.

13:30

 

Dinsdag, 8

Rugbywedstryde teen Bryanston Parallel.

13:30

 

Woensdag, 9

Leierseminaar.

13:30

 

Donderdag, 10

Audiblox- en RO staak vir die kwartaal.

13:00

 

Donderdag, 10

Rugby en Netbal teen Laerskool Wierdapark - Tuis

13:30

 

Vrydag, 11 - Saterdag,12

Netbal Konka 0/9 - 0/13

13:30

Konka

Dinsdag, 15

Rugby en Netbal Rooihuiskraal

13:30

 

Dinsdag, 15

Netbal Proewe 0/12 en 0/13

13:30

 

Donderdag, 17

Netbal area-proewe

 

 

Vrydag, 18

Rapporte uit na ouers

 

 

Vrydag, 18

Skole sluit

10:00

 

VERWELKOMINGSDAG - GR. RR, GR. R EN GR. 1

Laerskool Roodekrans het op Vrydag, 6 November vir die 2de keer Gr. RR-maatjies verwelkom. Sedert Januarie 2015 het ons ook 2 Gr. RR-klasse waar kleuters van 4 – 5 jaar, hulle in Roodieland kan kom tuismaak. Ouers en kleuters het vir ʼn uurtjie kom inloer om met hulle nuwe omgewing en Juffrouens te kom kennismaak.

Ons Gr.R-maatjies en hulle ouers, het ʼn kort vertoning in die saal bygewoon, nadat 2 van ons huidige Gr. R’e Caylee Jonker en Ruvé Zeelie met gebed geopen het. Daarna het hulle bietjie bang en onseker hulle nuwe Juffrouens ontmoet.  Hulle is na hulle klasse waar hulle gehoor het dat hulle nou Roodie Rakkers is. Die ys is gou gebreek toe elkeen hulle eie kroon gemaak en ʼn koeldrankie en skyfies ontvang het. Terwyl Pappas en Mammas by die saal inligting ontvang en tee gedrink het, het hulle, hulle nuwe klasse verken.  Ons leiers het hand bygesit en teen die tyd dat hulle ouers hulle kom haal het, was die meeste maatjies al lekker tuis.

Die nuwe Gr. 1’s en hulle ouers is ook eers in die saal ontvang, waar die hoof Mnr. Deon Rousseau, hulle verwelkom het, ook hulle is met ʼn vertoning vermaak.

Hulle opgewondenheid was groot om te hoor by watter Juffrouens hulle vir 2016 ingedeel is, en hulle is klasse toe om ʼn prentjie te maak en ʼn storie te hoor.  Die meeste      Gr. 1’s is van ons ou Gr. R’e van 2015 en hulle het met selfvertroue saam met hulle nuwe Juffrouens gegaan. Ons het ook heelwat Gr. 1’s wat van kleuterskole in die omgewing of kom en a.g.v. die groei in getalle, gaan ons nou ʼn 6de Gr. 1-klas in 2016 begin.

Te danke aan goeie spanwerk van bekwame personeel was die dag ʼn groot sukses. Nou moet die Juffrouens net bontstaan om te verduidelik wanneer hulle nou uiteindelik in hulle nuwe klasse gaan wees.

GR. R-DIPLOMAPLEGTIGHEID

Op die 10de en 12de November, het die Gr. R’e hul jaarlikse diplomaplegtigheid gehad. Dit was voorwaar ʼn spoggeleentheid! Elke kleine gesiggie het gestraal tydens hul item en élke mamma, pappa, ouma én oupa het breë bors hul kleinding dopgehou.

Baie dankie aan elke Gr. R-juffrou vir baie moeite én tyd wat julle in elke Gr. R-maatjie ingesit het. Julle is TOPS!!

GHOLFDAG – 2 Oktober 2015

En so is nog ‘n suksesvolle gholfdag agter die rug.

ʼn Hartlike woord van dank aan Mnr. Deon Rousseau en die Gholfkomitee!

Graag wil ons elke borg, ouer, leerder en personeellid bedank vir hul bydrae tot die dag.

Die van julle wat daar was, sal sekerlik saamstem dat gaatjie 17 die een met die meeste gees was.  Dit was daar waar oud-Roodies weer kon kuier saam met oud-personeel, en sommer ook die nuwe jonger personeel kon leer ken.

‘n Bedrag van R110 000 is ingesamel met die lootjieverkope.  Dankie vir almal wat so hard gewerk het om die bedrag in te samel.

Die wenners is dan soos volg:

Gelukkige trekking:

R10 000 – Pieter Roodt

R7 000 – Pieter de Waal

R3 000 – Nico Knopp

Leerders met meeste verkope:

R2 000 – James Futcher

R1 000 – Zané van Zyl

R500 – Giselle Preis

Klas met meeste verkope:

Spur – Rozelle Gray

McDonalds – Antoinette Rousseau

Snoepie – Jolinda du Preez

Baie geluk aan die bogenoemde Juffrouens en hul klasse.

Vir die van u wat nog nie die gholfdag bygewoon het nie, onthou volgende jaar maak ons weer so.

Wees verseker dat julle onbaatsugtige werk in belang van ons skool, opreg waardeer word.

Terugvoering wat ons by die skool ontvang is baie positief en die ouers sien al klaar uit na die volgende een.

Nogmaals baie dankie.

GR. 1 – AANVULLENDE LEES

Die volgende Gr.1-leerders het 20 of meer aanvullende boeke gelees. Baie geluk!       Ons is baie trots op julle. Hou so aan!

Troy Erasmus             Xander Pretorius         Ethan Botha               Shane v Jaarsveld

Jayden de Beer          Andwart J v Rensburg Kian Nel                  

 

Die volgende Gr. 1-leerders het 60 of meer aanvullende boeke gelees. Julle is baie fluks hou so aan!

 

Lyudmilla Potgieter     Tristan Helmand         Denique van Rooyen   Zeldria Duncan

Amelia Schutte           Markus Kemp             Jandré v.d Merwe       Soné Botha

Ruché Schoch            Kendra Cabral            Christi Nel                  Bianca Jooste

Kaylee Posthumus      Kayleigh Pienaar         Dian Kruger               Danive Serfontein

Sebastian Ludick        Arno Wolmarans         Zak Trollip                 Marcus van Zyl

Danica de Jager         Anika Begeman          Eduan Erasmus          Christiaan Pieterse

Leandra vd Walt         Elsjé vd Berg              Cornique Marinkowitz  Adriaan de Haan

Leahmé Kinsman                Jaco Bouwer              Anika Begeman          Wian Vermaak

Armand Gerber          Anzelle Vorster           Billy van Rooyen         Inka Greyvenstein

 

Die volgende Gr.1-leerders het 100 of meer aanvullende boeke gelees. Julle is regtig besig om klein boekwurms te word ons is trots op julle!

 

Denique v Rooyen      Daniella Davel            Markus Knop              Chloë Botha

Thabiso Mahome                Mienke Buys              Kaeley Barnes            Ruan Nel

Dian Kruger               Ian Venter                 Lianka Nel                  Magdalie de Bruyn

Giselle Preis               Lené Ludick               Kayleigh Pienaar         Dian Kruger

Christi Nel                  Arista Engelbrecht      Juan de Bruyn            Aidan Buitendag

Logan Botha               Eske Wiid                  Dunika Visagie           Amelia Schutte

Cristiano Matos           Hein le Hanie             Ruan Pretorius           Jenna Cronje

Die volgende Gr.1-leerder het 200 of meer aanvullende boeke gelees. Baie geluk aan dié boekwurm.

Dakota Coetzee

GR. 2 – AANVULLENDE LEES

Die volgende Gr.2-leerders het 50 of meer aanvullende boeke gelees. Baie geluk! Hou so aan!

Kendra Steyn             Xané Voges                Inge-Mari Kok            Danelle Swart

Tahlita Bernardes       Connor Osmers          Tessa Bernardes         Mienka Mostert

Darius Maritz              Lieschen Voges          Ewan Lombard           Divan Pieters

Abigail Venter             Jordan Steenkamp      Mienka Mostert         

 

Die volgende Gr. 2-leerders het 100 of meer aanvullende boeke gelees. Ons is trots op ons boekwurms!!

 

Abigail Labuschagne   Jade Swanepoel         Charnique Fouché

Liné Allen                   Carmi Esterhuyse               Tiana Strydom          

Zané van Zyl              Hendré Calitz              Megan Smit

Die volgende Gr.2-leerders het 150 of meer aanvullende boeke gelees. Julle is regtig besig om klein boekwurms te word ons is trots op julle!

Marion Wolmarans      Reeché Mestre           Thian Steyn               Hycia Visser      

Minette Britz               Rohané Herbs            Macyla Grewar           Juanita van Vuuren

Die volgende Gr.2-leerder het 200 of meer aanvullende boeke gelees. Baie geluk hou so aan, ons is voorwaar trots op jou!

Carla Müller                Nathan Poustie           Rachel Wiggill             Estelle Kriek

KRIEKET

Liga – Semi-finale uitspele

Die uitslae van die spanne wat deurgedring het na die Semi-finale rondte van die liga was soos volg.

 

SPAN

OPPONENT

UITSLAG

0/9

Laerskool Horison

Verloor met 12 lopies

0/10

Weltevreden Park Primary

Verloor met 7 paaltjies

0/11

Laerskool Helderkruin

Verloor met 6 paaltjies

2de span

Laerskool Helderkruin

Verloor met 22 lopies

1ste span

Laerskool Horison

Wen met 50 lopies

Laerskool Helderkruin Aandreeks

Die 1ste-span het aan die aandreeks by Laerskool Helderkruin deelgeneem.  Ons het die plaattrofee gewen. Ons kan met trots sê dat vier van ons seuns deur die loop van die toernooi aangewys is as spelers van die wedstryd.  Dankie aan al die spelers vir julle spangees tydens die toernooi. Julle het verseker die Roodie-naam hoog gehou.

REDENAARS 2016

Graad 1 tot 3

·        Ledigheid is die duiwel se oorkussing.

·        As die vlooi byt, moet jy krap.

·        Elke haan is koning op sy eie mishoop.

·        As twee hande mekaar was, word albei skoon.

·        Om van ‘n padda vere te probeer pluk.

Graad 4 tot 5

·        Bloed kruip waar dit nie kan loop nie.

·        Die pap dik aanmaak.

·        Wie wind saai, sal storm maai.

·        Jou eie boondtjies uitdop.

·        Die oggendstond het goud in die mond.

Graad 6 tot 7

·        Iemand se Achilleshiel.

·        As die hoenders tande kry.

·        ‘n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke.

·        Haastige hond verbrand sy mond.

·        Elke bobbejaan het sy krans.

FAMILIE-KAMP 2016

Ons skop 2016 weer af met ons gewilde gesinskamp – nou opgegradeer na ‘n FAMILIE-KAMP.  Ja,  jy het reg gelees,  jy kan enige iemand nou saam met jou bring, ouma en oupa, ooms en tannies , neefs en niggies of selfs naaste vriende saam met julle, solank die hoofbespreker ‘n kind of paar kinders in Laerskool Roodekrans het.

Waarmee of waarin kamp of slaap ons?

Jy kamp waarmee jy wil en wat vir jou gemaklik is –  tent, woonwa, huur of leen een, maar kom kamp saam met ons. En vir die wat nie in ‘n dop of tent wil bly nie, is daar ook die chalet-opsie, ongelukkig beperk tot net  4 van hulle, en hulle loop vinnig.

KAMPNAWEEK:               19 tot 21 Februarie 2016

 

WAAR:                     KLEIN PARADYS (+- 17 km Noord vanaf Brits)

(www.kleinparadys.com / Gps: S25°30.474' E27°44.023')      

KAMP/OORNAGGERIEWE:     

Kampeerstaanplekke  - 80 geplaveide Kamperfies onder bome

o   4 Bed Chalet : 3 beskikbaar

o   2 Bed Chalet : 1 beskikbaar (“Batchelor” tipe eenheid en  maak gebruik van die kamp se ablusiegeriewe)

o   Bring asb. eie handdoeke en skottelgoedseep.

P.S.  Hekke maak Vrydag oop vanaf 08:00 en sluit Sondag 16:00 vir kamp

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie – jammer!

WAT OM TE DOEN (Ingesluit in prys):

·        Groot dam – Visvang (“Soen en Groet/Catch & Release”)

·        Kanovaarte (Eie reddingsbaadjie)

·        Swem ( 4 swembaddens – lou en koud)

·        Fietsry

·        Tennis ( Eie rakette & balle)

·        Putt-Putt

·        Opelug Skaak

·        Snoepie

·        TV kan gereël word in saal indien belangrike rugbywedstryd gespeel word.

KOSTES VIR DIE NAWEEK:

 

BESPREKING

FASILITEIT

PERSONE

VOERTUIE

TARIEF

Nagte

BEDRAG

Naweek

Kampeer staanplek = 80

Maks - 4

1 - Voertuig

R   400.00

2

R    800.00

Naweek

2 Bed Chalet = 1

Maks - 2

1 - Voertuig

R   600.00

2

R 1,200.00

Naweek

4 Bed Chalet = 2

Maks - 4

1 - Voertuig

R 1,300.00

2

R 2,400.00

Naweek

4 Bed Chalet Damwal = 1

Maks - 4

1 - Voertuig

R 1,300.00

2

R 2,600.00

 

·        Gelyste bedrae in die tabel is per staanplek en per chalet, en vir 4 PERSONE en 1 Voertuig per staanplek of chalet.

·        MAKSIMUM 6 PERSONE per staanplek teen R 100.00 per persoon per nag ekstra indien meer as 4 persone per staanplek.

·        Meer as een voertuig per staanplek koste is dan R 50.00 per ekstra voertuig per nag ekstra.

·        Gesinne wat bymekaar wil kamp moet  ONDER EEN GESIN SE NAAM bespreek en die volle bedrag betaalbaar  van ALLE GESINNE moet die besprekingvorm  vergesel  - eerste bespreking op die lys sal die hoofkontak wees vir die bespreking asook verantwoordelik wees vir die volle betaling van almal se gelde.

·        BELANGRIK:

o   Besprekings sal slegs saam met VOLLE betalings aanvaar en ge-allokeer word.

§  Betalings kan elektronies aan Laerskool Roodekrans gemaak word:

§  Laerskool Roodekrans

§  ABSA Horison

§  Takkode: 630 841

§  Rekeningnommer : 1001 821 365

§  Verwysing: GK (Naam en van van persoon wat bespreek)

                      

o   Staanplek grotes is beperk en kan nie alle groote woonwaens hanteer nie, dus dui asb. aan waarmee u kom kamp sodat ‘n geskikte staanplek toegewys kan word bv. Swing, Penta of Romany.

o   ALLE Kontant / Tjeks  & bewys   van betalings tesame met besprekings vorm moet  by Magda Pienaar by die skool ingehandig  of ge-epos word – [email protected].

 

VIR VERDERE INLIGTING KONTAK FRANCOIS PIENAAR

-         083 609 1466

-         [email protected]

PRESTASIES BUITE-SKOOLVERBAND

Baie geluk aan al die onderstaande leerders met hulle puik prestasies wat hulle behaal het in die verskillende aktiwiteite. Ons as Roodies, is altyd baie trots om te sien hoe ons leerders presteer buite-skoolverband. Dit maak ons ongelooflik trots as die Roodie-naam so hoog gehou word.

Judo

Hano de Klerk is aangewys as die Judo SA-skole kampioen in die +50kg kategorie op 3 Oktober.

Dans

Karli Ackerman het op Saterdag, 12 September deelgeneem in groepsverband aan die “Roodepoort Dance Festival” by die Roodepoort Amfiteater in ʼn Hip-Hop dans roetine. Hulle groep het ʼn 2de plek verower tydens die byeenkoms.

Skaak

Ruan Cronje is gekies vir die 0/14 Johanneburg-Metro Skaakspan wat Gauteng in Januarie 2016, gaan teenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe in Kaapstad. Sterkte vir die kampioenskappe.

Stoei

By die jaarlikse Sentraal Gauteng Stoei prysuitdeling is die volgende toekennings aan twee van ons leerders toegeken:

Ruan Welman - 0/10-SA Liga deelname – Goud, 0/10-SA Streeks deelname – Goud en hy ontvang ʼn trofee vir die beste 0/10-stoeier vir 2015

Sebastian Piek - 0/9-SA Liga deelname – Goud, 0/9-SA Streeks deelname – Goud en hy ontvang ʼn trofee vir die beste 0/9-stoeier vir 2015

Atletiek

Albert Loubser het Saterdag, 14 November ʼn 3de plek behaal in diskus 0/13-seuns by die Sentraal Gauteng Kampioenskappe in Germiston.