Roodie Rakkers: Gr. R-inligting.

 

 

Geagte Ouers

Ons is baie opgewonde dat u Laerskool Roodekrans as u kind se skool gekies het. Ons glo en vertrou dat u sommer gou deel sal voel van ons Roodie-familie en dat daar nog baie gelukkige jare vir u en u gesin hier by ons voorlê.  Hier volg slegs ʼn paar reëlings t.o.v. ons eerste skooldag Dinsdag, 8 Januarie 2019

GRAAD R’e SE EERSTE SKOOLDAG:

Dinsdag 8 Januarie 2019 is dit vir alle Graad R-leerders hulle eerste skooldag. Die skool begin om 07:30, en u kind se juffrou sal haar/hom in die klas ontvang vanaf 07:00.  Die skool sluit slegs hiérdie betrokke dag om 12:00 en dan daarna elke dag normale tyd om 13:00.

Klasse:

  • G27 – Me. Valda Wilken
  • G22 – Me. Hildegarde Serfontein
  • G25 – Me. Cherani van der Westhuizen
  • G20 Me. Lelanie van Lill
  • G13 – Me. L’Dean Cronje  

GR. R- FOTO’S:

Dinsdag, 8 Januarie 2019 is fotodag.

Gesinsfoto’s (opsioneel) word geneem vanaf 07:00-08:15 in die volgende lokale:

  • K45 – Me. Ian Flemming se klas en in
  • K43 – Me. Hanneke Dreyer se klas.

Foto(13x15) beloop R50 per foto

Plaas asb. die korrekte bedrag in ʼn koevert met die leerder se naam bo-op.  Alle fotogelde is betaalbaar voor of op 1 Februarie 2019.

Gesinsfoto’s word slegs tot 08:15 geneem, waarna alle leerders na hulle klasse gaan. Ouers beweeg dan na die saal toe, waar die spreker, Johan Smith die jaar op ʼn gepaste wyse afskop om 08:30 - 10:00.

Individuele foto’s - Daar word foto’s van alle Graad R-leerders gedurende klastyd geneem.

Die foto-pakket bestaan uit:

  • 1 A5-vergroting
  • 1 Jumbo-foto
  • 2 ID-foto’s
  • 1 Boekmerk

Die pakket beloop R100-00.  Plaas asb. die korrekte bedrag in ʼn koevert met die leerder se naam bo-op en stuur dit skool toe voor of op 1 Februarie 2019.  Indien u ʼn dubbele pakket wil hê, dui dit asseblief op die koevert aan met 2 x R100 ingesluit.

Klasfoto’s sal eers later geneem word en dan kan leerders dit bestel.

INLIGTINGSAAND:

Woensdag, 9 Januarie 2019 is dit reeds ons Graad R’e se eerste verpligte oueraand om 18:00 in die onderskeie Gr. R-klasse.  Bring asseblief skryfgoed en u kind se dagboek saam. Indien dit moontlik, is verkies ons dit dat u verblyf vir u kind sal reël.

ATLETIEK:

Saterdag 12 Januarie 2019 het ons huissport by Laerskool Roodekrans.  Alle Graad R-leerders neem deel.  Leerders kom met atletiekdrag skool toe (enige gekleurde T-hemp en LO-broekie).  Alle leerders moet 7:40 by hulle betrokke onderwyseres aanmeld op die rugbyveld onder die gazebo.  Alle leerders gaan aan die 60m-item deelneem.  Indien ʼn leerder ʼn stempel op die hand kry, moet hulle asb. wag en nie huis toe gaan nie, aangesien hulle weer gaan hardloop/deelneem.  Leerders wat in die 60m-finaal se item, deelneem hardloop ook die 80m-finaal.  Die snoepie sal oop wees gedurende hierdie byeenkoms.

ALGEMEEN:

Gratis visuele- en gehoorsifting

Sien ook aangeheg die toestemmingsbriewe vir ons gratis visuele- en gehoorsifting wat in die begin van die jaar gaan plaasvind. Ons wil seker maak dat ons Graad R-leerders se ogies en ore, al die belangrike inligting in wat ons juffrouens hulle wil leer, inneem. Stuur asseblief dus albei toestemmingsvorms saam met u kind, op hulle eerste dag, skool toe.

Plakkers

Elke leerder ontvang ʼn pakkie met plakkers om skryfbehoeftes en hul klere te merk. 

Indien u nog nie u plakkers ontvang het nie, kan u die plakkers by ontvang afhaal op die onderstaande tye:

  • Maandag, 7 Januarie 2019 van 07:00 – 14:30.
  • Dinsdag, 8 Januarie 2019 – Leerders sal plakkers wat nie afgehaal was nie ontvang in die klas.

Baie dankie dat ons op u positiewe samewerking kan staatmaak.

Groete

H. SERFONFTEIN                             A. ROUSSEAU                            G.G. ROUSSEAU

GRAADORGANISEERDER             GRONDSLAGFASEHOOF        HOOF