Roodie Rakkers: Kommunikasie

 

 

BRIEF:  20190103

9 Januarie 2019

Liewe Ouers

Die notaboek is ons kommunikasie met u. Elke omsendbrief en elke week se tema wil ons graag daarin plak.  Op die agterblad is ’n plastieksakkie waarin u voortaan geld kan plaas.  Vul asb. ook die vorm in om aan te dui waarvoor die geld is. 

Ons vra ook u samewerking t.o.v. die volgende:

  • Teken asb. by elke ingeplakte papier, dan weet ons u het kennis geneem.
  • Maak seker u kleuter bring elke dag die boek skool toe.
  • Moedig u kleuter aan om die boek netjies te hou.
  • Die boek is ook bedoel vir u notas en boodskappe aan ons. Ons sal die boeke op ’n daaglikse basis kontroleer.
  • Herinner u kleuter asb. om sy boek dadelik op die aangeduide plek te bêre.
  • Trek asb. die boek met plastiek oor.

Indien u ’n dringende saak telefonies wil bespreek, skakel ons gerus of stuur ’n WhatsApp.

Dankie vir u samewerking.

______________________

Gr. R-personeel