Roodie Rakkers - Kwartaal 2 inligtingbrief

 

 

BRIEF: 20190409

8 April 2019

Geagte Ouers

Ons Roodie Rakkers het sowaar al een kwartaal agter die rug en het teen hierdie tyd al agtergekom dat “groot skool” baie pret is.  Ons vertrou dat u kleuters lekker gerus het en dat hulle weer vol moed is vir die kwartaal wat voorlê.

‘N PAAR SAKIES WAT ONS ONDER U AANDAG WIL BRING:

Vorderingsverslae en “Flip files”

Teken asb. die rapport.  Moet asb. nie die inhoud van die portefeulje verwyder nie.  Stuur asb. so gou as moontlik terug.

Verlore klere, bottels en kosblikke:

Met die koeler weer, begin ons maatjies meer baadjies en skoene dra wat hulle deur die loop van die dag uittrek.  Merk asb. alle klere, skoene, kosblikke en bottels met die kleuter se naam sodat ons weer die base kan vind.  Moedig hulle ook aan om hulle klere en besittings op te pas om sodoende beter verantwoordelikheidsin te kweek.

Oefenwerkies by die huis:

Help asb. u kleuter tuis om hulle verjaarsdagdatum, telefoonnommers en adres te ken en om skoene te kan vas maak.

Roodiedag – Naweek 3 – 5 Mei:

Baie dankie vir die ouers wat reeds ʼn borg gestuur of met reëlings betrokke is.  Ons benodig egter nog steeds hulp met klasborge.  U het reeds briewe ontvang waar u kan aandui waar u nog kan help.  Ons sê sommer by voorbaat dankie vir u samewerking.

 

BAKKERSLYS:  2DE KWARTAAL.  Onthou asb. R5 elke Woensdag:

Datum Juf. Valda Juf. Lelanie Juf. Cherani Juf. Sonia Juf. L’Dean
10 April Chanté Ferreira Lohan Eiberg Kenzi Germishuys Gerhard Doubell Amy-Lee Erasmus
17 April Gideon Haasbroek Melissa Fritz Stefan Holder Isabella Horne Christian Greyling
24 Aprili Hailey Hammann Sion Jacobs Liliana Jacobs Slindokukle Kunene Emily Harman
15 Mei Izelda Kriek Isabella Jordaan Michael le Hardy Amelia Leonard Juandré Jacobs
22 Mei Alexis Kruger Michael Kleinscmidt Mianke Lessing Emma Martin Mia Joubert
29 Mei Shayna Kuster Shamika Lingenvlller Luca Maione Liam McLaughin Ewan Leach
5 Junie Bismark Mackenzie Luhen Ludick Kathryn Mcherson Nicolaas Nel Giandri Manca
12 Junie Janika Maree Ludwig Magnus Mia Parker Zarno Olivier Nathan Maraz

 

TEMAS VIR DIE TWEEDE KWARTAAL:

 

2-5 April - Herfs

8-12 April - Herfs

 

15-18 April - Sintuie en Maats

23-26 April - Sintuie en Maats                           

 

29 April – 3 Mei - Huise:  Gevare binne-in die huis

6-10 Mei - Huise:  Gevare binne-in die huis

 

13-17  Mei - My land

20-24 Mei - My land                           

 

27-31 Mei                             Padvervoer

 

3-7 Junie                                Watervervoer

 

10-14 Junie                           Lugvervoer

 

Let asb. daarop dat assessering deurlopend plaasvind en kleuters asb. gereeld moet skool toe kom.

 

BELANGRIKE DATUMS OM AAN TE TEKEN:

 

6 April                                    -               Gr. R en 1 Opedag vir 2020.

19-22 April                            -               Paasnaweek

1 Mei                                      -               Werkersdag

3-5 Mei                                  -               Roodiedag-naweek (Van Toeka tot Nou)

8 Mei                                      -               Verkiesing (Skool gesluit)

10-12 Mei                              -               Gesinskamp

14 Junie                                 -               Skool sluit

9 Julie                                     -               Skool heropen

12 Julie                                  -               Oupa- en Oumatee

 

BYBELETE:  DONDERDAG, 18 APRIL

Met die oog op die Paasnaweek het ons dit goed gedink om op Donderdag, 18 April gedurende skoolure ʼn ete te hou waar ons ook met die leerders gesels oor kos wat in die Bybelse tyd geëet is, bv. Broodjies, druiwe, sap, ens.

Leerders moet dan asb. ook ietsie aantrek wat herinner aan Bybelse tye.  ʼn Hooftooisel is heeltemal voldoende.  Dit kan ʼn handdoek, serpie, ens. met ʼn das as band wees.

 

Groete

 

GR. R-ONDERWYSERESSE                                                             G.G. ROUSSEAU – HOOF