Week vier:

Taalwenk:

'n Immigrant kom die land in, 'n emigrant gaan die land uit.

 

Taaltoffie:

Die meervoudsvorme van woorde wat op 'n -kus (agtervoegsel) eindig, is wisselvorme en lyk as volg in die meervoud: 

  • historikus       historikusse         historici
  • politikus          politikusse           politici
  • chemikus        chemikusse        chemici

 

Taalfeit:

Afrikaans is die jongste taal ter wêreld, maar nieteenstaande die taal met die meeste idiome, vergelykings en woorsdpeling. Ons taal is ongeveer 400 jaar oud en groei steeds. By die veelbesproke TAALMONUMENT in die Paarl staan die volgende geskryf: "Afrikaans... maak hom, praat hom, kry hom lief, leer hom doseer, gaan aan met hom."

 

Vergelyking:

Caster Semenya en Wayde van Niekerk hardloop soos die wind. Dit beteken hulle hardloop BAIE vinnig!

 

Vaste uitdrukking:

Die politici in ons dierbare land, loop nou almal op eiers om mekaar omdat almal nou gaan veg vir hul eie plekkie in die politieke wêreld. Dit beteken hulle is almal versigtig vir mekaar.

 

Woord van die week:

"Onverskrokke"

Byvoorbeeld, Faf de Klerk is 'n onverskrokke rugbyspeler, hy skrik vir niks en niemand nie. 

Onverskrokke beteken dus 'n persoon skrik vir niks en verrig die taak met intense lojaliteit en entoesiasme.

 

Aanhaling van die week:

"Om elke dag te kroon, kos nie geld nie- bloot asem en oë. 'n Nuwe lap oor die bed, 'n bossie vars laventel langs die bad, 'n nuwe struik by die posbus, vars vrugte op die tafel, 'n ander raam om die foto en sommer iets vreemds vir aandete... 

ELKE RUIMTE, ELKE VERBINTENIS, ELKE VERPLIGTING SMAG NA VERANDERING, NA LIG EN VERLOSSING. 

Tot op die laaste dag van ons leeftyd IS GEEN LES KLAAR GELEER NIE, geen tuiste klaar versier nie..."

Nataniël