Atletiek Gekanselleer 27 Jan 2012

Die Atletiek van môre 27 Januarie 2012 word gekanselleer en uitgestel as gevolg van nat velde na 'n wolk breek.

ATLETIEK DATUMS 2012

Interskole Atletiek: Vrydag 10 Februarie – H/S Noordheuwel
Roodepoort Kampioenskappe: Vrydag 17 Februarie – H/S Noordheuwel D12-Kampioenskappe : Donderdag 23 Februarie - “Venue” onbekend

SKOOLGELDE 2012

SKOOLGELDE EN ANDER FONDSE VIR 2012

Tydens ʼn begrotingsvergadering gehou op Dinsdag, 25 Oktober 2011 om 19:00 in die skoolsaal is die skoolfonds vir 2012 as volg bepaal:

Skoolgeld Gr. 1 – 7 : R9 900 per kind per jaar of R990 per kind vir 10 maande
(betaalbaar voor die 7de van elke maand)

Skoolgeld Gr. R:R10 900 per kind per jaar of R1 090 per kind vir 10 maande
(betaalbaar voor die 7de van elke maand)

Geen korting vir betaling voor einde Februarie word meer toegestaan nie.

Nuusflits 1 - 23 Januarie 2012

UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Welkom terug aan alle ouers, leerders en personeel.
Ons vertrou dat almal lekker uitgerus het en ʼn baie mooi en voorspoedige jaar word almal toegewens.
ʼn Besondere woord van welkom aan alle nuwe ouers en leerders. Ons vertrou dat julle verbintenis met Roodekrans ʼn aangename ervaring gaan wees.
Moet asb. nie huiwer om ons te kontak indien daar enige probleem ontstaan waarmee ons behulpsaam kan wees nie. (ʼn Nuwe wond word makliker genees as ʼn oue).

MNR MEYER

Voorspoedige 2012

Laerskool Roodekrans wens al ons leerders en ouers 'n voorspoedige 2012 toe. Ons is baie opgewonde om almal Woensdag, 18 Januarie terug te verwelkom!
Let wel Mnr Jan Meyer is deur die Departement vir 'n onbepaalde tyd na Laerskool Horison as hoof gesekondeer. Mnr Piet van Rensburg sal gedurende die tydperk as hoof waarneem.

SKOOLKALENDER VIR 2012


18 Januarie - 30 Maart ( LW: Skoolvakansie is slegs een week)
10 April - 22 Junie
16 Julie - 28 September
8 Oktober - 7 Desember

30 April & 10 Augustus - Skoolvakansiedae

Skool begin om 07:45 - 13:00 - Gr. R - 2
07:45 - 13:30 - Gr. 3 - 7

SKRYFBENODIGDHEDE VIR 2012

Benodigdhede : 2012
Gr. R

• 1 dosie (200) snesies (Januarie en Julie)
• 2 Pritt stiffies (40g)
• Hardeband A4-notaboek (90 bladsye)
• 2x “Flip-File" – 30 bladsye
• 1 Pak uitdraaikryte (Mon-Ami)
• 1 Stomppuntskêrtjie
• 1 Koekie seep
• 1 Pakkie pleisters
• 1 A4 Plastiekkoevert met drukker
• Inkleurboek
• Ekstra stel skoonklere
• Toebroodjies en koeldrank vir elke dag

Opsioneel:
• 1 Gebruikte storieboek
• 1 Legkaart (24/36/48 stukke) elke stukkie gemerk

ALLE ARTIKELS MOET DUIDELIK
GEMERK WEES!

Nuusberig 14 November 2011

VERWELKOMINGSDAG GR.R EN GR.1: 11 NOVEMBER 2011
Soos elke jaar die gebruik is, het ons weer ons nuwe Gr.R en Gr.1-ouers en kinders, hier by Roodekrans welkom geheet en in Roodekrans se hart ontvang.
Elke kindjie en ouer het die geleentheid gekry om hulle nuwe juffrou te ontmoet. Hulle kon selfs ʼn rukkie skoolgaan en pret-dinge in hul nuwe klaskamer doen, net om solank die gevoel van die
“groot” skool te kry.
Ook is almal in die saal getrakteer op ʼn vertoning, bestaande uit ʼn wye verskeidenheid van ons plaaslike talent.

Nuusflits 31 - 7 November 2011

GRONDSLAGFASE PRYSUITDELING VIR ALLE LEERDERS
Graad 1 - Maandag 7 November - 18:00
Graad 2 - Maandag 14 November - 18:00
Graad 3 - Maandag 14 November - 19:15
DRAG:
Somerskooldrag. Verkieslik met skoolskoene.
Uitnodigings is uitgestuur, wees asb. stiptelik.

VERWELKOMINGSDAG: GR.R EN GR.1 2012
Bogenoemde vind plaas op Vrydag 11 November 2011.
Graad R: 10:30 – 12:00
Graad 1:09:00 – 11:00

Kom ontmoet jou nuwe Juffrou en maatjies!!
Algemene reëls word met ouers bespreek.
Skryfbehoeftepakkies word deur PNA verkoop.

Syndicate content