Laerskool Roodekrans skakel oor na 'n aanlyn inligtingsisteem en u word vriendelik versoek om te help deur u bestaande leerder se profiel op datum te bring. Die fasiliteit sal ook gebruik word vir nuwe inskrywings vir 2024 van alle grade.
Die aanlynstelsel sal verhoed dat u elke jaar dokumentasie moet invul aangesien dit self sal oordra na die volgende jaar. Indien van die inligting verander (huisadres, selnommer, ens.) sal u dit aanlyn kan deurgee vir opdatering.
Registrasie proses.
- Registreer u gebruikersnaam en wagwoord.
- Teken in met bogenoemde. (hoef net eenkeer aan te teken.)
- Volg skakel na die "Inskrywingsvorm" en voltooi. (15 minute)
Om die Inskrywing te voltooi het u sekere dokumente in elektroniese formaat (PDF) nodig voor u die vorm aanlyn voltooi.
- Leerder identiteitsdokument (ID) of geboortesertifikaat
- Ouer/Voog 1 ID
- Ouer/Voog 2 ID
- Bewys van woon addres.
- Kliniekkaart
- Enige wetlike dokumentasie. (Interdik)