
Inskrywings vir Graad RR tot Graad 7 vir die 2026-skooljaar is nou aanlyn, op ons skool se webtuiste, oop. U is welkom om die volgende skakel te gebruik om toegang tot die aanlynregistrasievorm te kry: https://www.roodekrans.net/af/node/35. Daar is ook ‘n QR-kode beskikbaar vir maklike toegang tot die registrasievorm. Let asseblief daarop dat huidige leerders van ons skool nie weer hoef in te skryf nie. Ons raai ouers aan om so spoedig moontlik te registreer, aangesien daar beperkte plek beskikbaar is en vroegtydige registrasie kan help om teleurstelling te voorkom.
Neem asseblief kennis dat alle registrasies vir Graad 1-leerders uitsluitlik op ons skool se webblad gedoen moet word. Die skool sal die volledige aanlynregistrasie namens ouers op die Departement van Onderwys se stelsel hanteer, sodra dit beskikbaar is. Ouers hoef dus nie self aanlyn op die Departement se webblad te registreer nie.