Laerskool Roodekrans se Graad RR- klasse staan bekend as die Roodieland.

Die kleuters tussen die ouderdom van 4 jaar en 5 jaar sal sommer vinnig hier tuis voel. Roodieland beskik oor bekwame en opgeleide onderwyseresse wat elke kleuter se belange op die hart dra.

Ons is trots op ons pragtige en veilige sentrum waar Graad RR- maats weg van die grootskool, maar tog by die grootskool elkeen teen sy/haar eie tempo kan ontwikkel. Roodieland funksioneer onafhanklik van die laerskool en bied hul eie geleenthede soos Sportdae, Oupa-en-Oupa-dae, Konserte, Modeparades en Instappies ens. aan.

Die klasse het beheerde toegang en het ook sekuriteitskameras wat help met monitering en beheer. Al ons klaskamers is goed ingerig en beskik oor alle hulpmiddels om onderrig van uitmuntende gehalte te kan lewer. Hier maak ons kleuters lief vir leer en prikkel hul nuuskierigheid.

Elke kleuter word as individu erken met unieke behoeftes met sy/haar eie spesiale gawes en talente.

Kleuters word volgens die skool se vyf waardes nl.LRK waardes

  • Respek,
  • Omgee vir ander,
  • Verantwoordelikheid,
  • Integriteit en
  • Eerlikheid voorberei.

Ons kurrikulum is verryk en aangepas om aan elke mylpaal van ons kleuters tussen 4 en 5 jaar te voldoen. Ons lê klem op dit wat die kleuter vir sy/haar ouderdom moet bereik. Alles word prakties gedoen en die kleuters leer speel-speel. Ons streef daarna om elke kleuter nie net intellektueel nie, maar ook sosiaal en emosioneel gereed te maak vir Graad R.

Roodieland... Speel voluit, Leer voluit en Leef voluit!