BELEID VAN LAERSKOOL ROODEKRANS RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL

Aangesien Laerskool Roodekrans  (hierna “die Skool”) ‘n openbare skool is met regspersoonlikheid ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna “die Skolewet”) waarvan die beheer aan sy skoolbeheerliggaam (hierna “die SBL”), soos in artikel 16 van die Skolewet, toevertrou is:

Aangesien die SBL ingevolge artikel 5 van die Skolewet by magte is om onderhewig aan die bepalings van die Skolewet en enige toepaslike provinsiale wet, die Skool se beleid rakende die toelating van leerders tot die Skool en grade by die Skool te bepaal;

Aangesien die SBL met betrekking tot die kwessie van leerdertoelating tot die Skool of verskillende grade by die Skool op die volgende wetgewing (hierna “die wetgewing”) let:

i)        die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (hier “die Grondwet”);

ii)       die Suid Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna “die Skolewet”);

iii)      artikel 3(4)(i) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr. 27 van 1996   (“NEPA”);    

iv)      die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, deur die Minister van Onderwys in Staatskoerant, Nr. 19377 van 19 Oktober 1998 (Kennisgewing Nr. 2432/98)(hierna “ministeriële beleid”);

v)       toepaslike provinsiale wetgewing.

vi)      Buitengewone Provinsiale Koerant nr. 127, 9 Mei 2012.

vii)     Regulasies vir toelating van leerlinge tot publieke skole, 2012.

Aangesien die skool en sy SBL die betrokke bepalings van die wetgewing raadpleeg in soverre dit vir hulle geld en bindend is en voorrang geniet bo die mag van die SBL om die Skool se toelatingsbeleid te bepaal, en terselfdertyd vasbeslote is om die volle toepassing van die Skool se toelatingsbeleid binne die perke van die wetgewing en van tyd tot tyd enige ander toepaslike wetgewing, te verseker;

Daarom verklaar die SBL namens die Skool nou die Skool se Beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of verskillende Grade by die Skool soos volg:

1.       AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL:

1.1     Daar word erken dat –

          a)       die Departementshoof (Onderwys) (hierna “DH”) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO), insluitende die Prinsipaal, wat deur die DH gedelegeer is (hierna “die DH-gedelegeerde(s)”), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en

          b)       die DH/die DH-gedelegeerde(s) ʼn registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op ʼn tydige en doeltreffende wyse plaasvind.

1.2     Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die  beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke.  Die Skool en sy SBL sal ook    van die DH/die edelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te alle redelike tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van   die toelatingsproses gehou word te verkry.

1.3     Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal  verwag om die inligtingsbylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker.

1.4     Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp:        

          a)       die SBL-grondwet;

          b)       die Skool se taalbeleid;

          c)       die Gedragskode vir Leerders; en

          d)       hierdie toelatingsbeleid.

1.5     Die Skool en die SBL onderskryf die siening dat ingevolge die reg en by gebrek aan ʼn hofbevel tot die teendeel, die wettige Ouer(s)/voog(de) van hul minderjarige leerder die uitsluitlike reg het om te besluit by watter skool hulle kind/pleegkind ingeskryf word.  Gevolglik aanvaar die Skool en die SBL geen aansoek tensy dit ingedien word deur die ouer(s)/voog(de) van, of die persoon/persone met wettige aanspraak op sorg vir die minderjarige leerder, of ʼn persoon/persone wat skriftelik deur hulle daartoe gemagtig word nie.  Voorts beskou die  Skool en die SBL nougesette nakoming van hierdie benadering as noodsaaklik aangesien dit verseker dat geldige toestemming verleen word vir die behandeling van die leerder in loco parentis, vir die leerder se deelname aan uitstappies, ensovoorts.  Gevolglik word daar van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te verseker dat hierdie benadering streng nagekom word.

1.6     Die SBL onderneem om die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal in pogings te ondersteun om die persone waarna daar in 1.5 hierbo verwys word aan te moedig om voor die einde van die jaar wat die volgende skooljaar voorafgaan, om die toelating van hulle kinders/pleegkinders aansoek te doen.

1.7     Onderhewig aan hierdie beleid vereis die SBL dat die DH/die DH- gedelegeerde(s)/ die Prinsipaal leerder toegang tot openbare skole, waaronder dié Skool, in oorleg met die Skool koördineerder, en onderneem die SBL om opbouende ondersteuning te verleen ten einde te verseker dat alle geskikte leerders toepaslik toelating ontvang.

1.8     As ʼn voorvereiste vir enige besluit rakende die toelating van ʼn leerder tot die Skool, vereis die Skool en die SBL dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal die volgende bepaling van die Grondwet streng nakom –

          “28 (2) – ‘ Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak”.

2.       DIE SKOOL SE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

(INSLUITEND DRAGKODE):

 

Hoewel aansoekers se weiering om die Skool se Gedragskode vir Leerders (insluitend dragkode) te onderskryf nie die toelating van die leerder tot die Skool kan verhoed nie, sal die kode nietemin bindend wees vir die leerder.  Artikel 8(4)    van die Skolewet bepaal soos volg:

          “Geen bepaling van hierdie Wet stel ʼn leerder vry van die verpligting om  die gedragskode van die skool wat deur sodanige leerder bygewoon word,na te kom nie.”

Aansoekers word aangemoedig om die Skool te ondersteun deur hulleself van die Skool se Gedragskode vir Leerders te vergewis en die nakoming daarvan deur leerders te verseker.

3.       SKOOLGELD:

3.1     Ouers (soos in artikel 1 van die Skolewet omskryf) se versuim, weiering of onvermoë om skoolgeld te betaal, kan nie die toelating van leerders tot die Skool verhoed nie.

          ʼn Leerder word toegelaat tot die totale skoolprogram en mag nie geskors word van klasse, toegang tot kultuur-; sport- en sosiale aktiwiteite geweier word, ʼn skoolrapport of oorplasingskaart geweier word of andersins geviktimiseer word op grond daarvan dat sy/haar ouers –

          a)       nie in staat is om skoolgeld te betaal nie of dit nog nie betaal het nie;

          b)       nie die missiestelling en gedragskode van die skool steun nie;

          c)       geweier het om ʼn kontrak aan te gaan ingevolge waarvan die ouers  afstand doen van enige eis om skadevergoeding wat voortvloei uit die  opvoeding van die leerder.

3.2     Ingevolge artikel 38-41 van die Skolewet, moet ʼn begrotingsvergadering van die ouers van ingeskrewe leerders by die Skool na dertig (30) dae kennisgewing aan ouers geskied.  By hierdie vergadering besluit die meerderheid van die ouers teenwoordig op die aanvaarding al dan nie van die begroting wat die vir die volgende boekjaar deur die SBL voorberei is.  By dieselfde vergadering kan die meerderheid van stemgeregtigde ouers teenwoordig besluit dat die betaling van skoolgeld verpligtend moet wees, wat die skoolgeldbedrag per leerder per jaar sal wees, en watter maatstawwe sal geld vir algehele of gedeeltelike vrystelling aan ouers wat nie die volle verpligte bedrag of ʼn gedeelte daarvan kan betaal nie. Ouers wat nie daartoe in staat is om enige gedeelte van die bedrag of die volle bedrag te betaal nie. Is daarop geregtig om op die voorgeskrewe vorms by die SBL om algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld aansoek te doen.  Sodanige aansoeke moet vertroulik deur die SBL hanteer word.  Die SBL sal billik optree en bogenoemde maatstawwe asook die bepalings       van die ministeriële beleid en die Regulasies vir die Vrystelling van Ouers van die Betaling van Skoolgeld in Openbare Skole (Goewermentskennisgewing R1052) toepas.  ʼn Afskrif van laasgenoemde sal op versoek aan ouers beskikbaar gestel word.  Ouers wat om vrystelling aansoek doen, kan ʼn opvoeder by die Skool of enige ander persoon vir bystand met die aansoek nader.  ʼn Ouer/ouers wat deur die SBL se besluit verontreg voel, kan ingevolge die prosedure wat in genoemde regulasies uiteengesit word, by die DH appelleer.

3.3     Aansoekers om vrystelling moet egter daarop let dat die gekombineerde jaarlikse inkomste van ouers in berekening gebring word in die besluit of ouers vir vrystelling in aanmerking kom al dan nie.  “Gekombineerde jaarlikse bruto inkomste van ouers” word in regulasie 1 van voorgenoemde regulaseis omskryf as –        

“die saamgestelde bruto inkomste van al die ouers van ʼn leerder soos in die Wet omskryf . . . .”

3.4     Die Skolewet omskryf “ouer” soos volg –

          a)       die biologiese of aanneem-ouer of wettige voog van ʼn leerder;

          b)       die persoon met wettige aanspraak op sorg vir ʼn leerder; of

          c)       die persoon wat onderneem om die verpligtinge van ʼn persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skoolna te kom.

Dus indien die leerder byvoorbeeld ʼn pa én ma het, maar by sy/haar tante woon, met ander woorde ʼn persoon na wie daar in (c) hierbo verwys word, sal die gekombineerde bruto inkomste (vóór belasting of aftrekkings) van al drie -  d.w.s. die ma, pa én tante – in berekening gebring word wanneer daar ook algehele of        gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld beslis word.

3.5     Om hierdie rede moet die besonderhede van alle persone wat onder die omskrywing van “ouer” val, in die toelatingsaansoek aan die Skool verskaf word.

3.6     Die aansoeker se aandag word voorts op die volgende bepaling van die Skolewet gevestig -    

          (Artikel 41) – “Die beheerliggaam van ʼn openbare skool kan die betaling van skoolgelde deur ouers wat daarvoor aanspreeklik is . . . . ., deur regsproses afdwing.”

3.7     Ouers van leerders word aangemoedig om die hoë onderrigstandaard en die goeie skoolfasiliteite en –omgewing in stand te hou deur skoolgeld te betaal en, waar hulle algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van verpligte skoolgeld ontvang, hulle dienste tot voordeel van die Skool aan die SBL        beskikbaar te stel.

4.       VEREISTE DOKUMENTE VIR TOELATING:

ʼn Ouer moet ʼn aansoekvorm om toelating voltooi, welke vorm die prinsipaal aan hom/haar moet beskikbaar stel.

Tesame met die aansoekvorm moet die ouer ʼn amptelike geboortesertifikaat van die leerder aan die prinsipaal toon.  Indien die ouer nie ʼn geboortesertifikaat kan toon nie, kan die leerder voorwaardelik toegelaat word totdat ʼn afskrif van die sertifikaat van die streekskantoor van die Departement van Binnelandse Sake verkry is.  Die prinsipaal moet die ouers inlig dat dit ʼn misdryf is om ʼn valse verklaring oor die ouderdom van die leerder te maak.  Die ouer moet verseker dat die toelating van die leerder binne drie maande na die voorwaardelike toelating afgehandel word.

By aansoek om toelating moet die ouer bewys lewer dat die leerder teen die volgende siektes ingeënt is:  polio, masels, tuberkulose, witseerkeel, klem-in-die- kaak en hepatitis B.

Wanneer ʼn leerder van een openbare skool na ʼn ander verskuif, moet die prinsipaal ʼn oorplasingskaart voltooi en dit hetsy aan die ouer oorhandig of na die ander skool aanstuur.

Sien aanhangsel A by hierdie beleid vir ʼn volledige lys van vereiste dokumente vir toelating.

5.       LEERDEROUDERDOMVEREISTES VIR TOELATING TOT DIE SKOOL OF    VERSKILLENDE GRADE VAN DIE SKOOL:

          ʼn Leerder wat met meer as twee jaar buite die ouderdomsnorm val, sal nie vir     toelating oorweeg word nie.  Die ouderdomsnorm is die graad plus 6 jaar.

6.       TYDPERK VIR REGISTRASIE:

6.1     Aansoek om toelating begin op 13 April 2015  en sluit op 26 Mei 2015  met   betrekking tot die inskrywing van leerders vir die volgende jaar.

6.2     Ouers wat dus hulle kinders die eerste keer by die Skool wil inskryf, moet die leerder by die Skool registreer in die jaar voor die skooljaar waarop die leerder se aansoek om toelating betrekking het.

6.3     Alle aansoeke om toelating tot die skool namens ʼn leerder word by die prinsipaal ingedien.

6.4     Die ouers van die leerder sal binne ʼn redelike tydperk, of binne die tydperk wat   die DH bepaal, skriftelik van die aanvaarding of afwysing van hulle aansoek in kennis gestel word.

6.5     Alle onsuksesvolle aansoekers al dan in chronologiese orde op die waglys geplaas en aangeraai word om by ander skole buiten die Skool aansoek te doen.

6.6     Die Skool sal ʼn behoorlike register van alle aansoeke om toelating byhou.

7.       APPÈLPROSEDURE:

Indien ʼn ouer ontevrede is met die Skool se besluit om nié ʼn leerder tot die Skool toe te laat nie, kan sodanige ouer ingevolge artikel 5 (6) van die Skolewet by die Lid van die Uitvoerende Raad teen die besluit appelleer.

8.       KAPASITEIT:

          Die SBL het die Skool se maksimum kapasiteit vir leerdertoelating soos volg bepaal:

          Totale getal leerders in Skool:               994

          Getal leerlinge per klas Gr. R en 1:        30

          Getal leerlinge per klas Gr. 2 tot 7:         27

          Aantal klasse:                                         36

Die volgende faktore is by die bepaling van die Skool se kapasiteit in ag geneem:

          •        Dat die leerder se belange voorkeur geniet

          •        Die aantal beskikbare opvoeders

          •        Die beskikbare ruimte vir administratiewe behoeftes

          •        Die beskikbare aantal geskikte klaskamers

          •        Die behoefte aan ruimte vir sport-, kultuur- en ontspanningsaktiwiteite

          •        Die beskikbare ruimte in die bestaande media- en rekenaarsentrums, wetenskap- en tegnologielaboratoriums en die skoolsaal

          •        Die beskikbare sanitêre geriewe

          •        Parkeergeriewe

          •        Veiligheidsmaatreëls

          •        Die maksimum toelaatbare getal leerders per klas

          •        Internasionaal erkende beste praktyk met betrekking tot klasgroottes ten einde doelmatige en doeltreffend onderrig van gehalte te lewer

Sien aanhangsel B met betrekking tot kapasiteitsbepaling.        

9.       SKOOLEIENDOM:

          Aansoekers se aandag word op die volgende gevestig:

9.1     Elke leerder by ʼn openbare skool sal goed omsien na die eiendom van die skool wat tot sy/haar beskikking gestel word, en sal dit voor of op die datum wat deur enige opvoeder by skool aangedui word, aan die skool terugbesorg.

9.2     Die ouers van ʼn leerder by ʼn openbare skool sal aanspreeklik wees vir enige skade aan of verlies van skooleiendom waarvoor die betrokke leerder op sy/haar beurt teenoor die skool aanspreeklik is.

9.3     Dit is elke ouer se plig om die Staat en die beheerliggaam van ʼn skool in die bevordering van ʼn kultuur van respek vir skooleiendom by te staan.

10.     RISIKO VAN SKADE OF VERLIES:

Aansoekers word daarop gewys dat die Skool geen aanspreeklikheid aanvaar vir skade aan, die vernietiging of verlies van enige eiendom wat deur die leerder of sy/haar ouer(s) op die skoolperseel gebring word nie, ongeag wie sodanige skade, vernietiging of verlies veroorsaak, hoe dit veroorsaak word, of dit deur iemand se optrede of versuim veroorsaak word, en of dit opsetlik of weens nalatigheid veroorsaak word.  Die Skool aanvaar geen aanspreeklikheid nie.  Leerders word aangemoedig om na enige eiendom wat op die Skoolperseel   gebring word om te sien, en aansoekers en ouers van leerders word   aangemoedig om self die nodige versekering teen sodanige skade, vernietiging of verlies uit te neem.

11.     VOLGORDE VAN VOORKEUR MET BETREKKING TOT    TOELATINGSAANSOEKE:

11.1   Tensy en totdat die DH in oorleg met die SBL anders besluit, is die natuurlike voedingsgebied van die skool ʼn 5km radius om die skool.

11.2   Die Skool is tans ʼn Afrikaanse-instelling en die onderrigtaal van die skool is afrikaans en beskik dus oor menslike hulpbronne wat hoofsaaklik  voorsiening    maak vir daardie leerders wie se moedertaal of gekose        onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is.

11.3   Aangesien die Skool en die SBL weet dat hulle nie onregverdig teen ʼn leerder mag diskrimineer namens wie ʼn toelatingsaansoek ingedien word nie, en dus geensins voornemens is om te diskrimineer nie, en hoewel hulle graag hulle deel tot leerderonderrig in vennootskap met die Staat wil bydra, begryp hulle dat die Skool nie alle leerders kan inneem nie en dat een of ander vorm van (billike) diskriminasie rakende leerdertoelating onvermydelik is.  Daarom en in die lig van voorgenoemde, is dit die Skool se beleid dat aansoeke in die volgende volgorde      van voorkeur hanteer word -

a)       Eerstens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is.

b)       Tweedens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is.

c)       Derdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by ʼn adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in permanente diens is, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is.

d)       Vierdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by ʼn adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die    toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is.

e)       Vyfdens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is, en wat ʼn vak/vakke wil neem wat deur die Skool en nie deur ʼn ander skool nader aan die leerder se woonplek aangebied word nie.

          f)       Laastens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon en wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is, op ʼn eerste-kom, eerste-        keuse-grondslag.

Nieteenstaande voorgenoemde en in oorleg met die distriksdirekteur, behou die SBL die reg om oorheersende voorkeur te gee aan broers of susters van leerders wat reeds by die Skool ingeskryf is.

12.     VEREISTE:

Buiten waar die bepalings daarvan nie in die beste belang van ʼn leerder of ander  leerders is nie, sal die SBL en die Skool die ministeriële beleid raadpleeg.

13.     TOELATING VAN PERSONE SONDER SUID-AFRIKAANSE BURGERSKAP:

          Aansoeke om toelating van persone sonder Suid-Afrikaanse burgerskap sal hanteer word ooreenkomstig paragrawe 19-21 van die ministeriële beleid.

14.     DIE SBL EN DIE LEERDERS VAN DIE SKOOL:

14.1   Daar sal van alle leerders verwag word om hulle pligte na te kom.  Leerders is voorts daarop geregtig om hulle regte uit te oefen en op die handhawing van hulle regte aan te dring.

14.2   Die SBL beskou homself gebonde tot die beskerming van die opvoeders, leerders, ouers en nie-opvoeders van die Skool teen liggaamlike of geestelike geweld in soverre die SBL by magte is daartoe, en voorts tot die koestering van die liggaamlike, geestelike en morele welsyn van leerders.  Vir hierdie doeleinde -

          a)       behou die SBL die reg voor om die dissiplinêre en gedragsrekord van enige voornemende leerder by die Skool te bestudeer, en alle stappe binne sy mag te doen om die toelating van ʼn leerder te verhoed wie se gedrag juis daardie beste belange kan bedreig wat die SBL genope voel om te beskerm;

          b)       mag die SBL die DH om inligting vra en met hom/haar in geding tree oor die wysheid van die toelating van ʼn leerder tot enige graad by die Skool wanneer sodanige leerder ernstig benadeel word deur sy/haar onvermoë  om op die vereiste vlak vir behoorlike onderrig in daardie graad te kommunikeer of mee gekommunikeer te word.;

          c)       mag die SBL, gegewe die hulpbronne en omstandighede van die Skool,enige redelike uitvoerbare stappe doen om ʼn gestremde voornemende   leerder in die Skool te laat aanpas; en

          d)       verwag die SBL dat personeellede, leerders of ouers enige saak by hom sal aanmeld met betrekking tot die misbruik van regte of inbraak op die  belange wat die SBL juis wil beskerm.

15.     DIE OUERS EN DIE SKOOL/SBL:

15.1   Ouers van leerders word versoek om die voorgeskrewe toestemmingsvorm in te vul ten einde die Skoolpersoneel daartoe in staat te stel om in noodgevalle in die beste belang van die leerder op te tree of die leerder se pyn of ongemak te verlig totdat die ouer(s) kan ingryp.

15.2   Buiten hulle pligte, het ouers van leerders by die Skool ook verskeie regte.  Ouers het onder andere die reg om geraadpleeg te word rakende die formulering van die Skool se taal- en godsdiensbeleid en gedragskode, of enige wysiging daarvan.  Hulle word ook genooi om aanbevelings en voorstelle rakende die   aanvulling of wysiging van bestaande beleid of die bestaande gedragskode ter oorweging by die SBL in te dien.

15.3   Ouers word aangemoedig om by al die werksaamhede van die Skool betrokke te raak, aan te bied om lede te word van die beheerstrukture en ondersteuningsgroepe wat die belange van die Skoolgemeenskap dien, en onderrigproses te ondersteun deur opbouend met opvoeders om te gaan en te verseker dat leerders opgelegde take en huiswerk pligsgetrou en nougeset doen. Daar word voorts van ouers verwag om te verseker dat hulle kinders behoorlik toegerus is om ten volle aan die onderrigproses deel te neem en dat hulle skool stip op tyd en gereeld bywoon.

16.     GRAADHERHALING:

          Die herhaling van grade het selde ʼn beduidende toename in die leerder se bekwaamheid tot gevolg.  Trouens, dit het dikwels die teenoorgestelde uitwerking.  Die norm vir herhaling is een jaar per skoolfase, waar nodig.  ʼn Leerder sal nie toegelaat word om ʼn graad meer as een keer te herhaal nie.

17.     Hierdie beleid mag van tyd tot tyd deur die SBL gewysig, aangevul, verander of   aangepas word.

AANHANGSEL A:

Vereiste inligting vir beheerliggaamdoeleindes bo en behalwe die besonderhede wat ingevolge ministeriële beleid, provinsiale beleid of wette verstrek moet word:

1.       Die naam, woonadres, werkadres en alle telefoon-, faks- of e-posbesonderhede   van elke persoon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val.

2.       ʼn Gewaarmerkte afskrif van enige hofbevel of enige testamentêre geskrif wat voogskap of wettige aanspraak op sorg, of enige soortgelyke reg van die persoon (“ouer”) wat daarop aanspraak maak, bevestig.

3.       ʼn Beëdigde verklaring, werkgewersertifikaat, elektrisiteitsrekening of enige ander bewys wat redelikerwys deur die SBL vereis mag word om ʼn leerder en sy/haar “ouers” se woonplek, of die feit en plek van indiensneming van die leerder se “ouers” te verifieer.

4.       ʼn Afskrif van ʼn identiteits- of ander dokument wat die identiteit van elke persoon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val tot die redelike bevrediging van die SBL bevestig.

5.       Skriftelike magtiging deur die ouer(s)/voog(de)/persoon na wie in punt 2 verwys word, aan enige persoon om hom/haar/hulle in die aansoek om toelating van die leerder tot die Skool of enige ander aangeleentheid met betrekking tot die leerder te verteenwoordig.

6.       Die onderrigtaal wat namens die voornemende leerder gekies word.

7.       Besonderhede van enige aanmeldbare siekte waaraan die leerder (moontlik) ly.

8.       Besonderhede van enige ernstige oortreding waaraan die leerder deur ʼn hof of enige skool waar die leerder voorheen ingeskryf was, skuldig bevind is.

9.       ʼn Voltooide gedragsertifikaat van die skool waar die leerder tans ingeskryf is.

10.     Besonderhede van enige toestand van die leerder wat die liggaamlike welsyn van enige ander leerder of personeellid van die Skool kan raak.

11.     Besonderhede van enige bepaalde behoeftes wat die leerder mag hê en wat mag aandag verg om die leerder se skoolervaring te maksimaliseer of sy/haar beste belange te bevorder.

12.     Besonderhede van enige toestand of omstandighede waarvan die Skool bewus behoort te wees ten einde die beste belange van die leerder en/of enige ander leerders van die Skool te beskerm.

AANHANGSEL B:

BELEID:  LEERDERTAL

(fisiese kapasiteitsbepaling)

DOEL:

Om vir elke leerder in die skool ʼn ideale leeromgewing vir maksimum leer te skep.  Dit word gedoen deur fasiliteite ten beste te benut met die oog op suksesvolle kennisoordrag en ʼn positiewe leerervaring.

DOKUMENTE GEBRUIK/GERAADPLEEG:

•        Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996

•        Die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996

•        Die Wet op Beroepsveiligheid en –gesondheid, Nr. 85 van 1993

•        SABS 0400-bouregulasies

BEPALING VAN LEERDERKAPASITEIT:

Die volgende klasse is geïdentifiseer as onderrigklasse:

Graad R:

2 klasse @ 60.68m²

3 klasse @ 51,84m2 (deur Beheerliggaam aangebou)

Graad 1:

6 klasse @ 60.68m²

Graad 2:

5 klasse @ 52.36m²

Graad 3:

4 klasse @ 52.36m²

Graad 4:

4 klasse @ 51.68m² (tydelike klasse)

1 klasse @ 49m² (deur Beheerliggaam aangebou)

Graad 5:

1 klasse @ 52.36m²

2 klasse @ 51.84m²

1 klas @ 49m²

Graad 6:

2 klasse @ 51.84m²

1 Registerklas in die Laboratorium.

1 klas @ 65m2 Rekenaarsentrum.

Graad 7:

1 klas @ 71.4m² (Tegnologiesentrum)

3 klasse @ 51.84m2

Die volgende klasse word uitgesluit aangesien dit nie geskik is vir onderrig nie:

Laboratorium

Mediasentrum

Rekenaarsentrum

Tegnologiesentrum

Die volgende word afgetrek van die oppervlakte van ʼn klas:

•        Toegelaat vir die onderwyser – 2.5m²

•        Toegelaat vir werksarea by swartbord, spasie voor in die klas vir veilige ontruiming,boekrakke en kaste – 7m²

          By die Gr. R en 1 klasse word daar egter 9m² toegelaat aangesien die klasse gebruik maak van matte vir onderrig.

•        Area toegelaat per leerling – 1.6m² (Tafel, leerling self en loopgang tussen tafels).        

Berekening van oppervlakte Gr. R-7 klasse:

Gr. R – 3 x 49m2

          – 2 x 60,68m2

Gr. 1 – 6 x 60.68m2

Gr. 2 – 5 x 52.36m2

Gr. 3 – 4 x 52.36m2

Gr. 4 – 4 x 51.84m2

             1 x 49m2

Gr. 5  – 2 x 52.36m2

– 1 x 51.84m2

– 1 x 6m2

Gr. 6 – 3 x 52.36m2

         – 1 x 49m2

Gr. 7 – 1 x 52.36m2

         – 1 x 51.84m2

– 1 x Tegnologiesentrum

- 1 x Mediasentrum 

SeunsBeskikbaarBenodig

Toilette188

Urinale88

Wasbakke148

   

Dogters  

Toilette1715

Wasbakke168

   

   

   

   

Verklarende notas:

1.       Die SBL het ʼn bydrae gemaak tot voordeel van die leerders en het klasgroottes   van ±28 leerders per klas bewerkstellig vir doeltreffende onderrig, en nie om skoolkapasiteit te verhoog nie.

2.       As gevolg van beroepsveiligheid behoort daar nie meer as 24 leerders op ʼn slag in die laboratoriums te wees nie.

3.       Urinale by seuns toilette is reeds oorbenut die toilette by dogtersbadkamers is reeds oorbenut.

4.       Daar is tans geen uitbreidingsgeleenthede op die terrein nie, en ook geen SBL-finansiering nie.

5.       Daar is 3 personeellede op die swerf-rooster, met ander woorde sonder lokale.

6.       Tydelike klasse wat deur die staat voorsien is, is van asbes.  Van die geboue het ʼn beperkte gebruiksduur en verg baie onderhoud.

Laerskool Roodekrans is vol as daar 994 leerders ingeskryf is.

HIERDIE BELEID IS HERSIEN:                  April 2015

BELEID WORD AANVAAR DEUR SBL:         April 2015