INLEIDING

Op alle spektrums van die skoolgebied word daar gepoog om die volgende te handhaaf:

  • Die aanvaarding en onderwerping van gesag wat deur die skool as instelling voorgehou word.
  • Respek aan ouers, personeel, medeleerders en terrein van die skool.
  • Medeleerders se belange moet bevorder word en aksies wat ander mag benadeel, is ontoelaatbaar.
  • Eerlikheid, lojaliteit en opregtheid is normatiewe gedragskodes wat altyd nagestreef behoort te word.

1.       DIE DOEL VAN ‘N GEDRAGSKODE:

1.1     Die skool se gedragskode stel dit ten doel om onaanvaarbare gedrag te straf en uit die weg te ruim.  Goeie gedrag of werk word erken en geluk gewens.

1.2     Die einddoel van die gedragskode is om in die huidige klimaat van verandering, ‘n standaard ten opsigte van dissipline te handhaaf wat aanvaarbaar is vir die meerderheid onderwysers, ouers en leerders.

1.3     Hiersonder kan daar geen opbouende en sinvolle opvoeding geskied nie.

2.       DIE PARAMETER WAARIN HIERDIE GEDRAGSKODE FUNKSIONEER:

2.1     Op die skoolterrein.

2.2     Gedurende skooluitstappies / -toere.

2.3     Enige na-skoolse bedrywighede.

2.4     Wanneer ‘n leerder sy/haar skooldrag aan het.

3.       ALGEMENE REëLS TEN OPSIGTE VAN LEERDERS SE GEDRAG:

3.1     Daar word van leerders verwag om te alle tye hoflik en met die nodige respek teenoor mekaar, onderwysers, leiers en besoekers by die skool op te tree.

3.2     Leerders moet ‘n goeie voorbeeld stel ten opsigte van voorkoms en  gedrag binne en buite skooltye en by alle skoolfunksies.  Leerders moet daarteen waak om enigiets te doen of te sê wat ‘n negatiewe lig sal werp op hulself, hul families en die skool.

3.3     Geen leerder het die reg om inbreuk te maak in ‘n ander leerder se onderrigtyd of om ‘n ander leerder liggaamlik skade te berokken nie.

4.       OUERBETROKKENHEID:

Ouers is die primêre persoon, verantwoordelik vir die gedrag, optrede en houding teenoor skoolreëls, onderwysers en mede-leerders.

          Kontrolering van leerders se gedrag is nie alleenlik die verantwoordelikheid van die skool nie, maar die ouers speel ‘n kardinale rol by die opvoeding en aanleer van normes en waardes van hul kind. 

          Die skool sal ouers net skakel indien ‘n leerder se gedrag kommer wek.  Daar sal dan gepoog word om die probleem in vennootskap met die ouerhuis aan te spreek.

5.       REHABILITASIE:

5.1     Die skool aanvaar die verantwoordelikheid, in samewerking met die ouers,om leerders wat hulle voortdurend skuldig maak aan ernstige oortredings  (bv. aanranding, mishandeling en diefstal) met ‘n rehabilitasieprogram te help.  Hierdie hulp sal verleen word deur skakeling met die distrikkantoor.

5.2     Hierdie hulp is egter beperk aangesien die wet die meerderheid leerders in die skoolgemeenskap beskerm.

6.       DIE ONTNEMING VAN VOORREGTE:

          Om die toepassing van dissipline meer effektief te maak sal die  volgende stappe geneem word, bo en behalwe die roetine strafmaatreëls:

6.1     Leerders wat in lyn is vir ‘n toekenning sal nie in aanmerking kom vir die betrokke toekenning nie.

6.2     Leerders wat ‘n toekenning ontvang het bv. (leier, ens.) se dienste sal opgeskort word totdat die saak opgelos is.

  1. Leerders wat gedurig hulself skuldig maak aan wangedrag soos, bakleiery,vuil taal en disrespekvolle optrede of erger gedrag teenoor onderwysers en mede-leerders, sal ontneem word van hul voorregte bv. deelname aan sport-, kultuur-, leier- en enige ander skoolaktiwiteite.