1.  Tye en Bewegings

  1. Wanneer die leerders soggens by die skool aankom, sit hulle hul skooltasse neer voor die klaskamer waarin hulle die eerste periode klas bywoon en gaan na die speelgronde.
  2. Leerders moet voor 07:30 by die skool wees. Skool begin om 7:30. Laatkommery word nie geduld nie.
  3. Wanneer die klok ophou lui, beweeg die leerders dadelik en flink na die aantreeblokke onder toesig van die onderwysers. Grondslagfase leerders verdaag in rye na klasse. Seniorfase leerders beweeg na registerklasse. Indien daar nie ʼn onderwyser teenwoordig is nie, mag die leerders nie die klas binnegaan nie, maar moet buite wag.
  4. Wanneer leerders op die stoepe beweeg bv. terwyl hulle van klasse verwissel. Hou hulle links en mag nie hardloop nie.  Die leiers en onderwysers moet behulpsaam wees met dissipline en toesig hou.
  5. Wanneer die klok vir pouse lui, gaan die leerders dadelik na die volgende klas en laat hulle tasse buite die klas op die stoep in twee netjiese rye en gaan speel op die aangeduide speelgronde.  Tasse wat nie op die regte plek geplaas word nie, sal gekonfiskeer word.
  6. Na pouse word dieselfde prosedure as by 1.3 en 1.4 gevolg.
  7. Leerders mag nie voor skool, tydens pouses of na skool sonder die toesig van ‘n onderwyser ‘n klas binnegaan nie.  Dieselfde reël geld vir die saal.  Hulle mag ook nie op die stoepe speel nie.
  8. Nadat leerders soggens by die skool aangekom het, mag hulle nie weer die terrein tydens skoolure sonder die medewete en toestemming van die hoof en die ouers verlaat nie.  Die ouers moet hulle persoonlik kom afhaal, nadat hulle by die hoof aangemeld het of ‘n skriftelike versoek aan die hoof rig.  Indien die hoof nie beskikbaar is nie, tree die adjunkhoof namens hom op.
  9. Vir die Gr. R - 2-leerders sluit die skool om 13:00 en vir die Gr. 3 – 7-leerders om 13:30.
  10. Die laaste 3 minute van die skooldag word afgesonder om stil te word vir gebed.
  11. Nadat die klok gelui het, gaan almal ordelik huis toe. Gr. R- en 1-leerders wat deur hul ouers afgehaal word, word deur onderwysers tot by die Mammahek (noordelike hek) begelei. Onderste klasse se Gr. R- en 2-leerders word begelei na die Patathek (suidelike hek).

Juniors wat eers om 13:30 afgehaal word, moet onder toesig van ‘n onderwyser in die wagklas tot 13:30 bly.

  1. Gehoorsaamheid aan die skolierpatrollie is ‘n vereiste en alle verkeersreëls om die skool moet deur leerders, ouers en onderwysers nagekom word, selfs al verg dit soms ongerief – ons leerders se veiligheid het hier die hoogste prioriteit.
  2. Met naskoolse aktiwiteite, ekstra onderrig, ens. word die tye bepaal soos nodig. Ouers word vroegtydig in kennis gestel.
  3. Ouers moet kennis neem dat wanneer die skool sluit (asook tydens langnaweke), word by die Gautengse Departement van Onderwys se instruksies gehou.  Ons versoek u vriendelik, tog dringend, om die reëls te respekteer en nie die skool se beplanning en dissipline omver te werp deur enige versoeke vir ander reëlings in die verband nie.

2.  Teenwoordigheid

  1. Indien ʼn patroon in afwesighede opgemerk word, sal dit onder die Departement se aandag gebring word.
  2. Leerders mag nie sonder die medewete en toestemming van die hoof (of adjunkhoof) afwesig wees nie, behalwe met siekte.  Skriftelike versoeke vir afwesigheid moet deur die ouers aan die klasonderwyser gerig word, wat dit vir goedkeuring aan die hoof rig.  Spesiale voorsiening is in die dagboek vir hierdie doel gemaak.
  3. Indien ‘n leerder siek was, moet dit skriftelik bevestig word en vir ‘n tydperk langer as twee dae, moet ‘n doktersbrief gerugsteun word. Indien ‘n leerder afwesig is tydens toetsperiode moet ouers ‘n e-pos voor 08:00 aan die skool stuur met rede van afwesigheid.
  4. Leerders word van LO-klasse of sportoefening verskoon slegs wanneer die ouers dit skriftelik versoek.
  5. Afwesighede tydens eksamen of toetse (Gr. 4 – 7) moet met ‘n mediese sertifikaat bevestig word.

2.6    Verwys na teenwoordigheidsbeleid.          

3.  Gedrag

  1. Leerders moet oral en altyd (op die speelgrond, busse, in die klaskamer en in die openbaar) die skool se eer en naam hoog hou deur hulle optrede.  Daar sal streng opgetree word teen ‘n leerder wat binne of buite skoolverband deur hul foutiewe optrede en swak gedrag, die skool se naam in gedrang bring.
  2. Alle besittings soos klere, tasse en boeke moet duidelik gemerk wees en met respek behandel word.  Daar mag nie in ander leerders se tasse gekrap word nie.
  3. Om skool- en departementele toerusting te verniel is in ʼn ernstige oortreding. Indien ‘n leerder enige skooleiendom verloor of beskadig, sal die ouers vir die betaling van die herstel of vervanging daarvan, verantwoordelik gehou word.  Dit geld ook vir die eiendom van ander leerders, skoolboeke en –geboue of enige ander skooleiendom.
  4. Enige besittings wat rondlê, moet by die sekretaresse ingehandig word, sodat die eienaar dit daar kan afhaal.
  5. Leerders wat in ‘n bakleiery betrokke raak, sal getug word.  Die toeskouers stel hulle ook bloot aan tug. Die ouers van betrokke leerders sal geskakel word.
  6. Leerders mag nie met stokke, klippe of iets gevaarlik speel nie en ook nie oor die omheining of ander drade klim nie.
  7. Kougom is verbode.
  8. Rook is absoluut verbode.
  9. Volgens departementele beleid moet elke leerder ‘n tas hê wat die nodige versterkings in het om boeke te beskerm.  Geen slagspreuke en ander geskryf word op tasse toegelaat nie.
  10. As gevolg van sekerheidsredes mag geen buitestaanders die skool tydens pouse besoek nie.  Alvorens besoekers hul nie by die kantoor aangemeld het nie, mag daar geen kontak tussen hulle en die leerders wees nie.
  11. Geen troeteldiere (asook sywurms) of speelgoed mag skool toe gebring word nie.
  12. Selfone mag nie gedurende onderrigtyd aangeskakel wees nie (7:30 – 13:30). Indien selfone gebruik of sigbaar is, sal dit afgeneem word tot einde van betrokke termyn. Die skool neem geen verantwoordelikheid vir gesteelde of verlore selfone nie.

4.  Terrein en Speelplekke

  1. Die skoolterrein moet te alle tye netjies gehou word en rommel mag nie ronggestrooi word nie.
  2. Speelplekke vir die onderskeie klasgroepe word aan hulle uitgewys.  Hulle moet die reëling streng toepas en mag nie speel waar hulle wil nie.
  3. Daar mag nie tussen geparkeerde motors beweeg of gespeel word nie.
  4. Geen leerder mag op die tennisbane gedurende pouse wees  nie.
  5. Daar mag onder geen omstandighede sonder toestemming op die tennisbane gespeel word nie. Slegs seilskoene mag op die baan gedra word.
  6. Handeldryf en uitruil van artikels mag nie op die skoolterrein gedoen word nie, behalwe met die goedkeuring van die skoolhoof.
  7. Die kleedkamers is nie speelplekke nie.
  8. Die munttelefoon mag slegs gedurende pouses en na skool deur leerders gebruik word.

5.  Nuusbrief / Kommunikasie

  1. Die Roodekrans Nuusflitse, Webblad, D6-Kommunikeerder en SMS-boodskappe is die skool se kommunikasielyn met u as ouers.
  2. Alle sake rakende die skool, die skoolprogram, die kind en u as ouer word hierin vervat bv. sport, kultuur akademie, prestasies, projekte en belangrike datums.
  3. Een keer per maand word ʼn gedrukte Nuusflits uitgestuur en u as ouer moet toesien dat u dit kry.
  4. Webadres: www.roodekrans.net
  5. Ouers is verplig om een selfoonnommer te registreer, en sal belangrike inligting via sms ontvang.

6.  Verhuising

  1. Adres- en telefoonveranderings moet dadelik by die klasonderwyser aangemeld word.
  2. Indien leerders na ‘n ander skool vertrek, moet al die handboeke, mediaboeke en skooleiendom eers ingehandig word en die skoolfonds ten volle betaal wees, voordat ‘n oorplasingskaart uitgereik word.

7.  Afwesighede – Gr. 1 tot 7

Dit bly elke leerder se verantwoordelikheid om klaswerk en huiswerk in te haal, wat hy/sy gemis het tydens afwesigheid.

7.1  Gedrag en huiswerk:

Onderwysers hanteer self klasgedrag met duidelike klasreëls.

  • Onwelvoeglike taal, gedrag en optrede.
  • Terugpraat met onderwyser, disrespek moet aangeteken word.

Laatkommers:

Onderwysers moet ook laatkommers (voorskool en tydens saal) kontroleer en beheer.  Ouers moet ook geskakel word, sodat hulle ook bewus is daarvan.

Onwelvoeglike gedrag:

Bakleiery, diefstal, taalgebruik, rook, drank en ongewenste optredes moet dadelik aan die DPO gerapporteer word, sodat ouers onmiddellik gekontak kan word of DPO moet self met ouers kontak maak.

Al die leerders wat betrokke is by die bakleiery se ouers sal gekontak word.

Grondslagfase (Gr. 1-3)

Die “Goue Sterre” – boek word Vrydae na Gewyde sang gelees.  Dit is daar om leerders positief aan te moedig en die nodige erkenning vir harde werk te gee. 

Elke week word slegs 2 leerders per klas se naam in Goue Boek neergeskryf.  Daar word ʼn motivering vir die prestasie geskryf.

Elke onderwyser se klas se dissipline is haar se eie keuse.  Sy besluit self oor kollekaarte, skatkis ens.

Graad 4 – 7

Elke onderwyser hou ʼn aantekeningboek.  Alle oortredings word onder leerder se naam aangeteken asook die datum.  Ouers word verwittig van oortredings. Te veel inskrywing en ouers word genooi vir ʼn onderhoud met graadvoog.

7.2  Strawwe:

Alhoewel die stelsel op die positiewe gefundeer is, sal dit slegs kan slaag indien leerlinge wat gereeld oortree aan goed deurdagte strawwe blootgestel word ten einde hul negatiewe gedrag te probeer wysig.  Die strawwe is onderhewig aan verandering.

Volledige Dissiplinêre Beleid is by die skool beskikbaar.