Akademie

Dit geniet by Laerskool Roodekrans die hoogste prioriteit. Dit is vir ons belangrik dat elke leerder op akademiese gebied goed toegerus word vir die toekoms. Ons strewe daarna om alle leerders te lei om tot hulle voile potensiaal te ontwikkel, sodat elkeen volgens sy vermoë sal presteer.

Pre-Primêre / Graad RR - Roodieland

Die jaar waarin die kleuters vyf jaar oud word.

Slegs ‘n beperkte getal inname.

Opgeleide personeel.

Graad R - Resepsiejaar

Die geleentheid word geskep om die kleuters deeglik voor te berei vir die aanvang van hulle skoolloopbaan.

Naskoolsentrum

'n Puik diens word hier deur opgeleide personeel gelewer. Daar word omgesien na al die behoeftes van leerders en die sentrum is ook gedurende skoolvakansies (uitgesluit Desembervakansie) oop vir ouers wie probleme het met huisvesting of toesig vir hul kinders.

Tegnologie

As gevolg van die ontwikkeling van tegnologie, is dit vir Laerskool Roodekrans belangrik dat die leerders moet bybly met die ontwikkeling. Daarom is elke klas vanaf Gr. R tot 7 toegerus met ʼn skootrekenaar, dataprojektor, witbord met eBeam tegnologie wat onderwysers in staat stel om interaktiewe lesse aan te bied.

Tegnologie is tot die beskikking van leerders wanneer hulle, hul mondelinge(praatjies) aanbied. Hulle kan bv. .’n “powerpoint” aanbieding, foto’s (op “USB”) of DVD op bring.

Die skool besit 40 rekenaartablette wat ook vir lesaanbieding gebruik kan word.

Elke Gr. 1 tot 3 klas is toegerus met ʼn rekenaar wat ʼn lees- en wiskundeprogram bevat waar, leerders die geleentheid gegee word om teen sy/haar eie tempo te vorder.

Die Beheerliggaam het hulle ten doel gestel om op hoogte te bly ten opsigte van veranderende tegnologie.

Fasiliteite

  • 'n Goed toegeruste media-sentrum, is Maandae tot Donderdae gedurende pouse tot die beskikking van leerders en onderwysers. Behalwe al die gedrukte bronne soos boeke, tydskrifte en 'n pamfletversameling, beskik die mediasentrum ook oor 'n wye verskeidenheid programmatuur soos klankskyfiereekse, video's, rekenaarprogramme, transparante, prente, multimedia, ens.
  • Hierdie materiaal word deur die onderwysers in die leersituasie aangewend, ten einde die leerinhoud duideliker aan leerders oor te dra. Leerders kan ook van bronne gebruik maak om hulle eie kennis oor die leerinhoud te verbreed.
  • Sportfasiliteite sluit in: 2 rugbyvelde, 4 weervaste tennis- /netbalbane, 'n krieketkolfblad, 3 krieketoefennette, 'n pawiljoen, en ekstra netbaldoelpale vir junior dogters.
  • Professionele tennisafrigting.
  • Professionele gholfafrigting.
  • Die skoolterrein is omhein met 'n veiligheidsheining en die geboue word deur 'n alarmstelsel beskerm. Sekuriteitskamera by Adminkantoor en alle hekke.
  • Aparte speelareas per graad.
  • Gr RR- en R-klassies beskik oor hul eie speelterrein met die nodige fasiliteite, asook 'n fietsrybaan en klimrame.
  • Goed toegeruste snoepie.

Kultuur

Dit is vir ons belangrik dat die skool, naas die ouerhuis, 'n kultuurinvloed op die kind uitoefen.

Die volgende kultuuraktiwiteite word as buitemuurse aktiwiteite aangebied:

  • Kunswedstryde, elke tweede jaar
  • Kore: Junior (Gr. 1 – Gr. 3) en

Senior (Gr. 4 – Gr. 7)

  • Kreatiewe kuns
  • Drama-ateljee
  • Klavier- en vioollesse (gedurende skoolure)

 Redenaarskompetisies

  • Afr. Olimpiade Gr. 7
  • Pottebakkersklasse
  • ATKV Spellathon
  • Sanlam WOW spelfees
  • CSV

 

 

Sport

Roodekrans presteer besonder goed op sportgebied. Verskeie spanne het al as Liga-, Streeks- of Provinsiale wenners uit die stryd getree.

Vele individue het in die onderskeie sportsoorte provinsiale kleure verwerf.

Die volgende sportsoorte word buitemuurs aangebied:

Eerste kwartaal                                               Derde kwartaal

  • Atletiek                                                      Krieket
  •  Aanvang van wintersport                        Tennis

               Mini-krieket

Tweede kwartaal                                              Hokkie

  • Mini-netbal                                                Mini-hokkie
  • Netbal                                                       Landloop
  • Welpie-rugby                                            Skaak
  • Skaak
  • Tennis                                      

Vierde kwartaal

  • Landloop
  • Krieket
  • Atletiek

Ander

  • Entrepreneursdae
  • Roodiedag
  • Shavathon
  • Lentepiekniek
  • Buitelug-fliekaande
  • Loslitdag
  • Kersliedere by Kerslig
  • Instappies
  • Gemeenskapsprojekte
  • Gr. R Oupa- en Oumatee

Remediërende Onderrig

Hierdie program is vanaf 1998 by ons skool ingestel om ouers en kinders tegemoet te kom om sodoende prestasievermoë van leerders te bevorder.

Vanaf 2015 is ‘n SBST-koördineerder, Me Chirine van Niekerk, aangestel om  ouers te ondersteun met die program wat gevolg moet word t.o.v.uitvalle wat by leerders mag voorkom.

Let asseblief op die volgende:

  1. Professionele hulp word deur die ouer betaal aan die Terapeute. Betaling kan van die Mediese Fonds teruggeëis word.
  2. Enige ouer het die reg om van ander persone se dienste gebruik te maak.

Ouers sal per brief in kennis gestel word as hul kind geïdentifiseer word vir een van die programme wat aangebied word.