Algemene reëls vir kleredrag:

  • Net donkergroen serpe word toegelaat. Die sweetpakbaadjie word slegs op reëndae saam met somersdrag gedra, verkieslik met kouse en skoene (geen "Drymac").
  • Juwele word slegs vir dogters toegelaat en beperk tot goue of silwer seëlringe en oorknoppies of oorringetjies so groot soos die tiensentstuk. Dogters mag slegs een oorbel per oor op die bel dra.
  • Geen naellak mag gedra word nie. Naels moet kort en netjies wees.
  • Styl- en seilskoene word nie as skooldrag beskou nie.
  • Uitspattige haarstyle word nie toegelaat nie, hare moet te alle tye kort, netjies en skoon wees. Seuns mag nie 'n "step" dra nie, en geen "gel" in hare.
  • Permanente haargolwings word nie toegelaat nie.
  • Haarverkleuring of gebleikte hare (haarstrepies) word nie toegelaat nie.
  • Dogters moet hare wat verder as die kraag hang, netjies vasbind of vleg en slegs donkergroen, oranje of wit rekkies, bolletjies, linte, kammetjies, harebande en knippies gebruik. Harebande en rekkies wat met skoolrokmateriaal oorgetrek is, is ook toelaatbaar.
  • Gekleurde kouse word nie toegelaat nie.
  • Langbroeke mag nie te modieus afgewerk word nie.
  • Roklengtes mag nie korter of langer as vier vingers bo of onder die knie wees nie.
  • Slegs stewige tasse met permanente afskortings word toegelaat. Geen rugsakke onder afskortings, gekleurde seilsakke of sportsakke, tensy vir sport- of L.O. klere aangewend, is toelaatbaar nie.
  • Alle leerders mag in die somer kaalvoet skool toe kom.
  • Alle skoolklere moet duidelik gemerk wees. 

Dogters – Somer

  • Baadjie                   :        Donkergroen kleurbaadjie (opsioneel).
  • Trui                         :        Groen V-nek Roodekrans trui met strepe.
  • Terex rokkie            :        Groen geruit.
  • Rek Nylonbroekie   :        Cygot-groen.
  • Kouse                     :        Kort wit kouse wat omvou.
  • Skoene                   :        Swart skoolskoene.
  • L.O.                        :        Groen Sportbroekie met groen Roodekrans

Dogters – Winter

  • Baadjie                   :        Donkergroen kleurbaadjie (opsioneel) of sweetpakbaadjie of “Windjakker” wat soos sweetpakbaadjie lyk.
  • Trui                         :        Groen V-nek Roodekrans trui met strepe.
  • Hemp                     :        Wit langmou hemp vir dasdrag met/sonder skooldas.
  • Broek                     :        Grys dogters langbroek.
  • Kouse                    :        Grys
  • Skoene                  :        Swart skoolskoene.
  • L.O.                       :        Donkergroen sweetpakbroek met groen Roodekrans Gholfhempie.

Seuns + Dogters – Lentedrag / Herfsdag

  • Broek                     :        Grys langbroek.
  • Hemp                     :        Wit kortmouhemp of langmouhemp.
  • Trui                         :        Oortrektrui (“Pullover”)

Seuns – Somer

  • Baadjie                    :        Donkergroen kleurbaadjie (opsioneel).
  • Trui                          :        Groen V-nek Roodekrans trui met strepe.
  • Hemp                      :        Wit oopslaan hemp.
  • Broek                      :        Grys kortbroek.
  • Kouse                     :        Grys.
  • Skoene                   :        Swart skoolskoene.
  • L.O.                        :        Groen Sportbroekie met groen Roodekrans

Seuns – Winter

  • Baadjie                   :        Donkergroen kleurbaadjie (opsioneel) of sweetpakbaadjie of “Windjakker” wat soos sweetpakbaadjie lyk.
  • Trui                       :        Groen V-nek Roodekrans trui met strepe.
  • Hemp                     :        Wit langmou hemp vir dasdrag met/sonder skooldas.
  • Broek                     :        Grys seuns langbroek.
  • Kouse                     :        Grys
  • Skoene                   :        Swart skoolskoene.
  • L.O.                       :        Donkergroen sweetpakbroek met groen Roodekrans                                                   Gholfhempie.