Hiermee die aangepaste prestasie buite-skoolverband beleid en vorm wat asseblief elektronies ingedien moet word na [email protected]
BELEID TEN OPSIGTE VAN TOEKENNINGS BUITE-SKOOLVERBAND VIR UITSONDERLIKE PRESTASIE
Beleid hersien: |
Me. T J van Rensburg |
Datum: 29 September 2016 |
Gekontroleer: |
Mnr. M Swanepoel |
Datum: 29 September 2016 |
Gekontroleer / Gefinaliseer: |
Mnr. G.G Rousseau |
Datum: 29 September 2016 |
OOGMERK VAN DIE BELEID
1. Om duidelike kriteria te stel vir toekennings aan die leerder wat buite-skoolverband presteer het. Nie deelname nie. Dus klem op prestasies (streek, provinsiaal en nasionaal).
2. DOELWITTE VAN DIE BELEID
Om enige onduidelikhede met betrekking tot elke leerder se prestasies en die toekennings wat daarmee saamgaan, uit die weg te ruim. SLEGS UITSONDERLIKE PRESTASIE van 20 punte en meer kom in aanmerking vir toekennings.
3. OPSTEL VAN DIE BELEID
Die beleid t.o.v. toekennings buite-skoolverband word deur die skoolhoof, in samewerking met personeel wat kennis dra van die aktiwiteite waaraan die leerders deelgeneem het, opgestel.
4. KONTEKS VAN DIE BELEID
Toekenning van balkies verskil van dié toekenning en punteskaal vir deelname binne skoolverband, omdat leerders net elke 2de jaar aan uitvoerende of kreatiewe kunswedstryd binne skoolverband kan deelneem. Inskrywings word beperk deur RAK-bestuur.
5. ADMINISTRASIE EN BESTUUR VAN DIE BELEID
Die skoolhoof en personeel soos by (3) is verantwoordelik vir die administrasie en bestuur van die beleid.
6. BEWUSMAKING IN TERME VAN DIE BELEID
Die beleid sal by die skoolkantoor beskikbaar wees op aanvraag.
7. INHOUD VAN DIE BELEID:
7.1 KRITERIA VIR KULTUUR - BUITE SKOOLVERBAND
7.1.1 INSTRUMENTALE EKSAMENS
|
GR 1 & 2 |
GR 3 & 4 |
GR 5 & 6 |
GR 7 |
Balkie Groen |
PRE Graad 1 |
|
|
|
Balkie Silwer |
Graad 1 |
Graad 2 |
Graad 3 |
Graad 4 |
Balkie Goud |
Graad 2 |
Graad 3 |
Graad 4 |
Graad 5 |
Balkie Ere Groen |
Graad 3 |
Graad 4 |
Graad 5 |
Graad 6 |
EREBALKIE |
|
|
|
|
Erebalkie Silwer |
Graad 4 |
Graad 5 |
Graad 6 |
Graad 7 |
Erebalkie Goue |
Graad 5 |
Graad 6 |
Graad 7 |
Graad 8 |
Goue Erebalkie |
Graad 6 |
Graad 7 |
Graad 8 |
Lisensiaat |
OPMERKINGS
7.1.1.1 Leerders kan slegs een balkie in ʼn jaar verdien vir Instrumentale Eksamens.
7.1.1.2 Leerling kry toekenning ongeag of hy dit net geslaag het of met lof.
7.1.1.3 Alle instrumente wat deur die leerling bespeel word, word afsonderlik beoordeel vir eksamens.
7.1.1.4 Bogenoemde geld vir enige instituut se eksamens met ander woorde hetsy UNISA, Royal Schools, Trinity College of Dublin of enige ander algemene, erkende instituut wat instrumentale eksamens afneem.
7.1.1.5 Leerlinge wat op die EREROL VAN UITBLINKERS van UNISA geplaas word, moet op meriete beoordeel word, want slegs by die beste 10 oor die hele land, in ‘n sekere graad, word gekies. Vereistes vir erebalkie (sien bo) is gelykwaardig hieraan.
7.1.2 Teorie-Eksamens
|
GR 1 & 2 |
GR 3 & 4 |
GR 5 & 6 |
GR 7 |
Balkie Groen |
|
Graad 1 |
Graad 2 |
Graad 3 |
Balkie Silwer |
Graad 1 |
Graad 2 |
Graad 3 |
Graad 4 |
Balkie Goue |
Graad 2 |
Graad 3 |
Graad 4 |
Graad 5 |
Groen Ere Balkie |
Graad 3 |
Graad 4 |
Graad 5 |
Graad 6 |
Silwer Ere Balkie |
Graad 4 |
Graad 5 |
Graad 6 |
Graad 7 |
OPMERKINGS
7.1.2.1 Leerders kan slegs een balkie in ʼn jaar verdien vir Toerie-Eksamens.
7.1.3 KUNSWEDSTRYD – INSTRUMENTAAL
7.1.3.1 Leerders kan slegs een balkie in ʼn jaar verdien vir Kunswedstryd – Instrumentaal.
7.1.3.2 Alle instrumente wat die leerling bespeel word gesamentlik beoordeel.
7.1.3.3 Toekenning sal geskied gebaseer op ‘n punteskaal soos volg:
A++ = 6 punte
A+ = 4 punte
A = 3 punte
B+ = 2 punte
B = 1 punt
7.1.3.4 Toekennings sal as volg wees:
20 punte = groen balkie
30 punte = silwer balkie
40+ punte = goue balkie
7.1.4 DANS (INSLUITENDE ALLE DANSTIPES)
7.1.4.1 Leerders kan slegs een balkie in ʼn jaar verdien vir DANS (Insluitende alle danstipes)
7.1.4.2 Aangesien dansskole selde op nasionale of provinsiale vlak deelneem, is prestasie op streek-en eksamenvlak die kriteria. Slegs internasionale eksamens sal erken word bv. Royal Acadamy of Dance en Association of International Dance Teachers.
7.1.4.3 Alle dansvorme sal as een hanteer word.
7.1.4.4 Leerders sal op ‘n punteskaal beoordeel word soos uiteengesit in aanhangsel “A” (hiertoe).
7.1.4.5 “Festivals” word ook op ‘n puntesisteem hanteer soos in Aanhangsel “B” uiteengesit.
7.1.4.6 Toekennings sal as volg:
20 punte = groen balkie
30 punte = silwer balkie
40 punte en meer = goue balkie
7.1.5 DRAMA / UITVOERENDE KUNSWEDSTRYD
7.1.5.1 Leerders kan slegs een balkie in ‘n jaar verdien vir drama / uitvoerende kunswedstryd.
7.1.5.2 Toekennings is gebaseer op vlakke van deelname en prestasie word op daardie vlak behaal.
7.1.5.3 Toekenning sal geskied gebaseer op ‘n punteskaal soos in Aanhangsel “C” uiteengesit. Verskillende vlakke se punt kan nie saamgetel word nie. Binne- en buite-skoolverband kan ook nie saamgetel word nie.
7.1.5.4 Die hoogste erkenning wat ‘n leerder kan kry op streekvlak is een groen balkie. Om ‘n silwer of goue balkie te verwerf moet ‘n leerder na ‘n volgende vlak beweeg.
7.1.5.5 Al kwalifiseer ‘n leerder op elke vlak vir ‘n balkie sal slegs die hoogste vlak se balkie aan hom of haar toegestaan word.
7.1.5.6 Binne- en buite-skoolverband word nie saamgetel nie.
7.1.6 KREATIEWE KUNSWEDSTRYD
7.1.6.1 Leerders kan slegs een balkie in ‘n jaar verdien vir kreatiewe kunswedstryd.
7.1.6.2 Uitvoerende Kuns word geskei van Kreatiewe Kuns.
7.1.6.3 Binne- en buite-skoolverband word nie saamgetel nie.
7.1.6.4 Toekennings sal geskied gebaseer op ‘n punteskaal soos volg:
A++ = 6 punte
A+ = 4 punte
A = 3 punte
B+ = 2 punte
B = 1 punt
7.1.6.5 Toekennings sal as volg wees:
20 punte = groen balkie
30 punte = silwer balkie
40 punte = goue balkie
7.1.6.6 Spraak en Drama College (SA) slegs (geakkrediteerde eksamens). Die eksamen-uitslae word gekoppel aan merietepunte wat saam met Kunswedstryd deelname (buite skoolverband) tel.
LOF = 8 punte
Eervolle vermelding = 6 punte
Slaag = 4 punte
7.1.7 MODEL
7.1.7.1 Geen erkenning sal gegee word aan klub- of modelskooleksamens en kompetisies nie.
7.1.7.2 Leerder kan slegs een balkie in ‘n jaar verdien vir model.
7.1.7.3 Toekennings is gebaseer op vlakke van deelname en prestasie op daardie vlak.
7.1.7.4 Die hoogste erkenning wat ‘n leerder kan kry op streekvlak is een groen balkie.
Provinsiaal - silwer
Nasionaal – goud
7.1.7.5 Toekennings sal as volg wees:
Streeksvlak
bv.: Wes Rand – Groen balkie – 1ste, 2de en 3de plek
Provinsiale vlak
bv.: Gauteng – Silwer balkie – 1ste, 2de en 3de plek
Nasionale vlak
S.A. – Goue balkie – 1ste, 2de en 3de plek
7.1.8 KRITERIA VIR SPORT – BUITE SKOOLVERBAND
STREEK |
PROVINSIAAL |
NASIONAAL |
INTERNASIONAAL |
Groen Balkie |
Silwer Balkie |
Goue Balkie |
Goue erebalkie |
Leerder ontvang slegs hoogste erkenning. Geen toekenning vir jare deelname soos in lyn met ander sport buite skoolverband.
7.1.8.1 Alle aansoeke moet vergesel word van afskrifte of bewysstukke van prestasies.
7.1.8.2 Briefhoof van klub/provinsie om prestasie te bevestig is ‘n vereiste.
7.1.8.3 Let Wel: Indien ‘n leerder vir proewe of uitdunne gegaan het, het hy nie noodwendig die span gehaal nie, bv. Uitdunne vir provinsiale span en hy/sy val uit op streeksvlak is dit sy hoogste prestasie en ontvang hy hiervoor ‘n toekenning.
7.1.8.4 Slegs die hoogste prestasie word toegeken aan ‘n leerder per sportsoort bv. As ‘n leerder op provinsiale vlak deelneem, kry hy nie ‘n balkie vir streeksvlak ook nie. ‘n Atleet wat wen kry ‘n goue medalje en nie brons, silwer en goud nie. Leerders wat aan die SA’s deelneem en onder die eerste 3 plekke eindig ontvang ‘n Goue balkie.
7.1.8.5 SANESA is binne skoolverband en die toekenning word saam met hierdie prysuitdeling gegee toekennings is soos in bg. tabel.
7.1.8.6 USSASA Equestrian School League (Perdry) het 2 afdelings: binne- en buite-skoolverband.
7.1.8.7 Chessa-skaak is buite-skoolverband, nie binne-skoolverband nie.
7.1.8.8 Geen toekennings sal aan Kumon, Semas, Tina Cowley-leessentrum of enige remediërende instansie toegeken word nie.
7.1.8.9 Beleid word jaarliks hersien.
7.1.8.10 Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Keerdatums deur skool bepaal is die finale datum van inhandiging!!
7.1.8.11 Inskrywings sonder die nodige bewyse sal nie in die toekoms aanvaar word nie.
7.1.8.12 Balkies is by die skool te koop en sal slegs gegee word indien die balkiebrief ʼn oorspronklike skoolstempel op het.