ALGEMENE INLIGTING VIR KENNISNAME DEUR OUERS/VOOGDE

  1. Die aansoeker(s) erken dat hulle daarvan bewus is dat die skool 'n openbare primêre skool is en dat die volle implikasies daarvan aan hulle bekend is, soos vervat in die SA Skolewet No. 84 van 1996.

  2. Die aansoeker(s) aanvaar dat toelating van die leerder tot die skool onderhewig is daaraan dat hulle hulself en die leerder onderwerp aan die volgende toelatingsvereistes:
       2.1 Vereenselwiging met en uitlewing, tydens alle skoolaktiwiteite, van die skool se etos – in besonder die skool se Afrikaanse voertaal, Christelike karakter en oorwegend moderne Afrikaanse kultuuraard.
       2.2 Dat die leerder sal voldoen aan die ouderdomsvereistes en minimum skolastiese vorderingspeil met betrekking tot die betrokke graad.
       2.3 Dat die aansoeker(s) die verpligte skoolfondsbydraes, soos vasgestel tydens die Begrotingsvergadering wat jaarliks in Oktober plaasvind, sal betaal vir die tydperk wat die leerder aan die skool verbonde is.
       2.4 Dat die leerder en die aansoeker(s) sal voldoen aan die skool se reëls en regulasies.
       2.5 Dat die skool se missie nagestreef en die gesagstrukture van die skool eerbiedig sal word.
       2.6 In die geval van 'n leerder wat vir die eerste keer tot die skool toegelaat word, is dit wenslik dat dokumentasie ter stawing van die leerder se skolastiese vordering (bv. 'n skoolgereedheidsverslag of rapport van vorige skole) voorgelê word.

  3. Verpligte skoolgelde word deur die Beheerliggaam gehef kragtens Artikel 39 van Wet 84 van 1996 ten opsigte van Graad R–7 leerders. Graad RR-leerders se skoolgeld is ook verpligtend, en geen korting word toegestaan nie.

  4. Volgens die Skolewet is skoolgelde vooruitbetaalbaar, maar daar word vergunning verleen vir maandelikse paaiemente. Skoolgeld is dus betaalbaar oor elf (11) maande, vanaf Januarie tot November.

  5. Inligtingsopdatering sal op die skool se webwerf beskikbaar wees. Ouers/voogde word versoek om die inligting by te werk sodra enige besonderhede verander, veral met betrekking tot finansies en kommunikasie vir die komende jaar.

  6. Geen registrasiefooi is van toepassing by Laerskool Roodekrans ten opsigte van skoolfonds nie.

  7. Aansoekers wat vrystelling wil aanvra, moet dit jaarliks doen. Albei ouers MOET die nodige vorms voltooi.

  8. Leerders wat in die loop van 'n skooljaar tot die skool toegelaat word, se skoolfondsbydrae sal pro rata verminder word na gelang van die aantal maande (Januarie tot November) wat die leerder nie by die skool ingeskryf was nie.

  9. Leerders wat die skool in die loop van die skooljaar verlaat, kom in aanmerking vir 'n pro rata-terugbetaling van skoolgeld.

  10. Die aansoeker(s) erken onherroeplik hul aanspreeklikheid teenoor die skool vir die betaling van skoolgeld vir die tydperk wat die leerder by die skool ingeskryf is, of enige uitstaande saldo daarvan. Indien die skoolgelde weens wanbetaling oorhandig moet word vir invordering, sal die ouer/voog verantwoordelik wees vir alle regskoste en rente wat daaruit voortspruit.

  11. Die aansoeker(s) stem onherroeplik toe dat 'n sertifikaat, onderteken deur die Voorsitter van die Beheerliggaam, waarin die bedrag van die aansoeker(s) se skuldverpligtinge aan die skool en die besonderhede daarvan uiteengesit word, sal dien as prima facie-bewys van die skuld. Dit sal verder dien as 'n likwiede dokument en grondslag vorm vir summiere vonnis teen die aansoeker(s). Hulle erken hiermee hul skuld ten opsigte van enige aldus gesertifiseerde bedrag.

  12. Die aansoeker(s) erken dat die Beheerliggaam, verantwoordelike skoolpersoneel en behulpsame lede van die skoolgemeenskap nie aanspreeklik gehou kan word vir enige vorderings weens dood, beserings, skade of verlies wat mag ontstaan uit deelname van die leerder aan enige skoolaktiwiteite nie – hetsy kurrikulêr of buitekurrikulêr.

  13. Die aansoeker(s) magtig die hoof van die skool, of 'n beskikbare senior personeellid, om in hulle afwesigheid die nodige toestemming te gee vir dringende mediese behandeling of chirurgiese ingrepe ten opsigte van die leerder, indien nodig. Die aansoeker(s) onderneem om alle koste in verband daarmee op aanvraag te vereffen.

  14. Die aansoeker(s) verklaar dat die inligting hierbo verstrek in alle opsigte volledig en korrek is, en onderneem om die skool onmiddellik in kennis te stel van enige veranderinge, veral ten opsigte van die leerder se gesondheid wat hul deelname aan skoolaktiwiteite mag beïnvloed.

  15. Die aansoeker(s) gee toestemming dat enige inligting wat verskaf word, geverifieer mag word.

  16. Die aansoeker(s) magtig die skool om foto’s van leerders wat met hierdie aansoekvorm ingeskryf word, tydens skoolaktiwiteite en byeenkomste te neem. Hierdie foto’s mag gebruik word vir bemarking van die skool op alle vorme van media, insluitend gedrukte en sosiale media. Die aansoeker(s) vrywaar die skool teen enige eise van welke aard ook al.

  17. Ek/Ons magtig hiermee die skool om kredietburo-navrae oor my/ons te doen. In geval van wanbetaling van skoolfonds, mag die skool my/ons besonderhede aan ‘n kredietburo rapporteer en mag my/ons naam by sodanige buro geregistreer word