Algemene Inligting

 

 

Welkom terug aan elke Roodie en hul gesin sowel as alle nuwe Roodies wat aansluit by ons familie.

Hiermee inligting rakende Dinsdag, 14 en Woensdag, 15 Januarie 2020.

Dinsdag, 14 Januarie

Gr. RR-, Gr. R- en Gr. 1-leerders begin hul eerste dag by Roodies.

Gesinsfotos kan vanaf 07:00 geneem word in K43 en K45 teen R50 per foto.
Na afloop van gesinsfotos vra ons dat u asb. so spoedig moontlik leerders/kleuters na hul klas sal neem.
Alle ouers kom om 08:30 tot 10:00 bymekaar in die saal.
Skool sluit vir alle leerders om 12:00

Let wel: Gr. 1-ouers indien u nie die inligtings e-pos ontvang het in Desember nie gaan kyk asb. op die skool se webblad vir die artikel.

Woensdag, 15 Januarie 2020
Skool open vir alle Gr. 2- tot Gr. 7-leerder om 07:30.

Skooltye:
Gr. RR tot Gr. 2 - 07:30 tot 13:00 (Wagklas tot 13:30)
Gr. 3 tot Gr. 7 - 07:30 tot 13:30
Die vroeë oggend-wagklas begin om 06:00 is in K41 (Juffrou Jana se klas) wat in die senior blok geleë is
Skool se naskool open van 13:30 tot 17:30.

Orde Reëlings

Gr. 2-leeders
Alle leerders plaas tasse by Gr. 1 aantreeblok agter Juf. Valda se klas.
Alle leerders tree om 07:30 aan agter Juf. Valda se klas.

Gr. 3- tot Gr. 7-leerders
Alle leerders plaas hul tasse voor hul 2019 registerklas.
Alle leerders tree om 07:30 aan op hul 2019 aantreeblok.

Ons sien uit na 'n wonderlike 2020!

#Waardegedrewe