Skeppende Kuns

Die gr. 7 - leerders het laasweek hope pret gehad

tydens die Skeppende Kuns se praktiese assessering.

Die leerders was entoesiasties en besonders kreatief met die maak van die kunsleersakkies. Van die seuns het topgehalte naaldwerk gedoen en mรกg maar met โ€˜n naald en garing werk.

Almal het heerlik gelag toe โ€˜n dogter so ewe โ€˜n opmerking maak dat haar ouma naaldwerk doen vir terapie, maar sy dink dat sy terapie gaan nodig hรช na hierdie projek.

Ons is werklik baie trots op julle handewerk.

#Roodies #WaardeGedrewe #Naaldwerk #Kuns #Kunsleersakkies #DieToekomsIsNou