Droogtehulp

Vrydag, 10 September het ons Roodies ons bederfboksies aan die Droogtehulp boere geskenk. Die boere kry emosioneel swaar. Hulle verloor hul plase aan skuld a.g.v. die droogte, skape en beeste maak dit nie, daarom wil ons elke boer wat deel is van die Droogtehulp emosioneel "oplig" met hierdie bederfboksies.

Die CSV het boekmerkies gemaak vir elke boer se Bybel, dit was in die bederfboks gepak.

Roodies het HOOP gesaai deur hierdie projek.

#Roodies #WaardeGedrewe #HOOP #Droogtehulp #Bederfboksie