Afrigters

Drie van ons Roodie- afrigters het tydens die "All Ages" Nasionale netbaltoernooi (3 - 6 Okt.) as skeidsregters en spanbeamptes opgetree. Juf. Diedré Lues was by Gauteng se O/14 Lambda-span as skeidsregter betrokke. Hulle tree as kampioene uit die stryd en verwerf 'n goue medalje. Juf. Ané Butner tree as skeidsregter van Gauteng se O/16 Delta-span op en dié span eindig algeheel 4e in die toernooi. Juf. Liandri le Roux was Gauteng O/16 Lambda-span se spanbestuurder en hulle eindig algeheel 3e. Hulle verower dan ook 'n brons medalje vir hierdie prestasie. Baie geluk aan Juf. Ané en Juf. Diedré wat dan ook as Nasionale netbalskeidsregters kwalifiseer. Ons is só trots op elkeen van hierdie drie afrigters en hulle prestasies. Baie dankie dat jul Laerskool Roodekrans se naam hoog hou en vir jul tyd en toegewyde werk. Roodie-Netbal: Een Doel voor oë