Ruan Josh

Mens kry elke dag ‘n geleentheid om die wêreld ‘n beter plek te maak en dan kry jy kanse om ‘n verskil te maak. My nommer een doelwit vir my lewe was nog altyd om ‘n verskil te maak in iemand se lewe en ‘n tikkie van Jesus te wys vir dié wat Hom nie altyd sien en voel nie...

Vandag kon ons ‘n projek loods wat ek wéét ‘n verskil gaan maak in 1000’e mense se lewens.

Gebedsboksprojek #100000

Ek ry eendag Klerksdorp toe om op ‘n veiling nette te koop vir die plaas en trek toe af by so stasie in die middel van nêrens en hier begin ek iets voel. Dit was net na die Huisgenoot artikel in Aug vanjaar. 100000. Honderd duisend kinders moet bereik word en elkeen moet ‘n boksie in hul hande kry. Ek sê onmiddellik ‘okay Here, maar U moet lei’. Ek bel my bestuurder, Elvira en sy is in. So begin die bal rol en alles val inplek. Die eerste boksies is verkoop en die eerste skool is opgeline, soos die Engelsman sal sê.

Dankie vir al die ondersteuning, die gebede, gelukwensings en seën wat julle uitspreek oor die projek.

Ons het vanoggend die eerste 253 boksies uitgedeel by Laerskool Roodekrans in Krugersdorp in samewerking met AfriForum. ‘n Biddende generasie is oppad. ‘n Generasie wat hulle kwellinge, dankbaarheid en diepste geheime met hul Vader eerste kan deel en dit by Sy voete los.

Ek het so paar mense om te bedank wat almal hierdie projek moontlik maak:

Elvira Kohn, my regter hand en linker hand

Charlene Wessels Young vir die inspirasie en jou deursettingsvermoë. Jy weet hoekom..

Tania Fourie Promosies wat alle hande ingooi en vir jou mooi hart.

Leandie Bräsler en Afriforum vir die eerste skool se sukses en julle bystand.

Martha Viviers dat jy alles begin het met gehoorsaamheid en sommer vir alles wat jy en Pierre vir ons beteken.

Francois Steenkamp altyd ‘n plesier om saam met jou te werk. Hy weet hoe om my mooi te laat klink

As jy of jou skool of jou besigheid betrokke wil raak, stuur gerus ‘n epos na [email protected] en Elvira help jou in die regte rigting.

Ons het almal en alles nodig wat ons kan kry, so help ons bid vir fondse, beskerming in die gees en guns waarookal ons loop.

‘Till the ocean runs dry, my God is my provider...’

Baie seën vir julle baie liefde van my kant af.

RxJ