Drama

Die gr. 7's is al 'n geruime tyd - in verskillende groepe - besig om voor te berei met 'n toneelopvoering wat handel oor "'n Kulturele, tradisionele gebeurtenis".

Dit het baie beplanning, kopkrap en oefening geverg om vir die opvoering daarvan gereed te wees, vir assesseering.

Verskeie groepe het alreeds opgetree en die leerders kwyt hulle baie goed van hulle taak.

Dit is werklik 'n belewenis en ons het baie pret. Daar is beslis nie 'n tekort aan talent nie.

Sterkte aan die groepe wat nog moet optree.

-Juffrou Suzanne