Hoofleiers

Roodies se 2021 hoofleiers het ‘n nuwe tradisie begin, om elke jaar van nou af ‘n hoofleiers-funksie te hou waar alle oud-hoofleiers van Laerskool Roodekrans bymekaar kom om te gesels oor die tyd wat hulle hier gehad het. Om die tradisie af te skop het ons vir eers net die vorige vyf jaar se hoofleiers genooi (2016-2020). Gisteraand was ‘n gesellige aand gewees en ons kon sien die Oud-Roodies asook hul ouers het dit vreeslik geniet om weer hier te kon wees, om te sien hoe ons groei, verander en voortbou in die lewens van vandag se leerders.

‘n Groot dank aan 2021 se hoofleiers en hul ouers wat die aand so mooi gemaak het, asook ‘n groot dank aan elke Oud-Roodie en ouer wat die aand saam ons kom geniet het. Sien julle weer volgende jaar!

#Roodies #RoodieTrots #AltydRoodies #Hoofleiers #WaardeGedreweRoodies #DieToekomsIsNOU