LRK Dankie

Boodskap van Mnr. Deon en die bestuurspan

Liewe Roodie-familie. Ons staan aan die einde van die eerste kwartaal van 2021. Dit was 'n baie lang kwartaal, maar ek wil my opregte dank aan elke personeellid, leerder, ouer en grootouer uitspreek wat gesorg het dat ons skool al was dit soms moeilike tye verseker 'n puik kwartaal gehad het. Dis heerlik om die kinders weer op die sportvelde en kultuuraktiwiteite betrokke te sien. Geniet die welverdiende ruskans. Indien u wegbreek vir die vakansie wens ons u en u gesin 'n veilig reis toe. Ons sien uit na die twee kwartaal wat ons glo nog beter as die eerste kwartaal sal verloop.

Groete Mnr. Deon en die bestuurspan.