Roodie Rakkers is Laerskool Roodekrans se Graad R-klasse.

Ons bekwame en opgeleide onderwyseresse dra elke kleuter se belange op die hart. Hulle verseker gehalte onderrig in ‘n veilige en liefdevolle omgewing.

Ons fokus op die holistiese ontwikkeling van die kleuter en maak die kleuters speel-speel gereed vir Graad 1. Ons ontwikkel nie slegs akademiese en perseptuele vaardighede nie, maar ontwikkel ook die kleuter se identiteit en moedig persoonlike groei aan deur goeie waardes by die kleuter te kweek.

LRK waardesLaerskool Roodekrans het vyf waardes waarop ons fokus van Graad RR tot Graad 7.

Elke kleuter is vir ons belangrik en daarom koester ons elke kleuter as ‘n individu met sy/haar eie uniekheid en spesiale gawes en talente.

By die Roodie Rakkers volg ons die KAPS kurrikulum, soos voorgestel deur die Departement van Basiese Onderwys. Ons het die kurrikulum verryk en aangepas om aan elke mylpaal van ons kleuters te voldoen. Ons lê klem op dit wat die kleuter vir sy/haar ouderdom moet bereik. Alles word prakties gedoen, die kleuters leer speel-speel en daar word nie net klem gelê op boekewerk nie. Ons spreek die emosionele, fisiese en kognitiewe ontwikkeling aan.

FBlogo

Roodie Rakkers