Roodie Avontuur 2022

LRKadv8_0.jpg LRKadv6_0.png LRKadv4_0.png LRKadv1_0.png LRKadv11_0.jpg

Roodie-Naweek 12-14 Augustus 2022

Uiteindelik vind die Roodie-Naweek weer na drie jaar plaas! Ons is so dankbaar en opgewonde dat ons vanjaar ons jaarlikse fondsinsamelingsnaweek kan hou.

Dagboek hierdie belewenis wat oor 12-14 Augustus 2022 geskied. Die Roodie-Naweek waarna elke kind in die verlede altyd baie uitgesien het, beloof om vanjaar een vir die boeke te wees!LRKadv12.jpg

Vanjaar se tema is: ”Roodie-Avontuur”.

Dié naweek bestaan uit:

  • Vrydag, 12 Augustus: (Potjiekos en lekker saamkuier op die veld - Voltooi asb. opname.)

  • Saterdag, 13 Augustus: (Pretdag/Kaskarwedren) en   

  • Sondag, 14 Augustus 2022: (Dankseggingsdiens op pawiljoen).  

n Junior- en seniorklas het elkeen ’n avontuur getrek. Die twee klasse is saam verantwoordelik om ’n banier te maak wat die avontuur uitbeeld en om by te dra tot die gees van die Roodie-dag. Die twee klasse se leerders gaan die Vrydag saam maskers/vlaggies/iets wat pas by die avontuur vir die optog maak. Dit gaan die senior-leerders die geleentheid gee om te wys hulle gee om vir hulle mede-leerders deur mekaar te help.

Ons nooi elke ouer uit om Saterdagoggend die pawiljoen, tydens ons optog, te kom volsit en saam met die leerders deel te wees van dié avontuur. Na die optog gaan ons saam lag, lekker eet, stalletjies besoek en hope pret hê. Leerders gaan aan speletjies kan deelneem en in klasverband kaskarre ry. Volgende week gaan ons lekker oefen hoe om die kaskar te ry.

Sondagoggend kom ons as Roodie-gemeenskap byeen vir ʼn dankseggingsdiens onder leiding van Pastoor Marius Keyter.

Ons het ons ten doel gestel om R 400 000-00 in te samel, wat ons wil aanwend, vir die installering van nog watertenks en sonpanele, om die skool ”Groener” te maak.

Ons vra elke ouer om aktief betrokke te raak. ‘n Uur of twee van u kosbare tyd sal hoog op prys gestel word.                                                                                               

Elke leerder van Graad R tot 7 het 'n borglys ontvang en gaan ook ʼn Roodie-Avontuur T-hemp ontvang. Leerders sal op Saterdag, 13 Augustus dit aantrek. Graad 7-leerders gaan 'n Graad 7-T-hemp ontvang.

Stuur asseblief die vorm waarop u aandui waar u as ouer betrokke wil raak, teen Dinsdag, 2 Augustus terug skool toe. (Leerders sal Maandag dié vorm ontvang a.g.v. afrolprobleme.)

Kom saam met ons op ons Roodie-avontuur en maak herinneringe saam met u kind!        

Roodie Avontuur