GSF: Gr. 1 2020

 

 

BRIEF:  20191201

3 Desember 2019

Geagte Ouers

Ons is baie opgewonde dat u Laerskool Roodekrans as u kind se skool gekies het.  Ons glo en vertrou dat u sommer gou deel sal voel van ons Roodie-familie en dat daar nog baie gelukkige jare vir u en u gesin hier by ons voorlê.  Hier volg slegs ʼn paar reëlings t.o.v. ons eerste skooldag Dinsdag 14 Januarie 2020.  

Graad 1’s se eerste skooldag:

Dinsdag 14 Januarie 2020 is dit vir alle Graad 1-leerders hulle eerste skooldag.  Die skool begin om 07:30, en u kind se juffrou sal haar/hom in die klas ontvang vanaf 07:00.  Die skool sluit slegs hiérdie betrokke dag om 12:00 en dan daarna elke dag normale tyd om 13:00.

Klasse:

G 1    – Me Zani Nel

G 6    – Me Annatjie Hattingh

G 8     Me Tanie Janse van Rensburg

N 2    – Me Ané Louw

N 3    – Me Neldia van Zyl

N1     _Me Marelise Koekemoer

 

Gr. 1- Foto’s:

Dinsdag 14 Januarie 2020 is fotodag.

Individuele foto’s: Daar word foto’s van alle Graad 1- leerders gedurende klastyd geneem.                                 

Die foto-pakket bestaan uit –

1 A5-vergroting                                                                                                                             

1 Jumbo-foto

 2 ID-foto’s

1 Boekmerk

Die pakket beloop R100-00.  Plaas asb. die korrekte bedrag in ʼn koevert met die leerder se naam bo-op en stuur dit skool toe voor of op 31 Januarie 2020.  Indien u ʼn dubbele pakket wil hê, dui dit asseblief op die koevert aan met 2 x R100 ingesluit.

Gesinsfoto’s (opsioneel) word geneem vanaf 07:00-08:15 in die volgende lokale.

K45 – Me Barbara se klas

en in

K43 – Me Hanneke Dreyer se klas.

Foto(13x15) beloop R50 per foto

Plaas asb. die korrekte bedrag in ʼn koevert met die leerder se naam bo-op.  Alle fotogelde is betaalbaar voor of op 31 Januarie 2020.

Gesinsfoto’s word slegs tot 08:15 geneem, waarna alle leerders na hulle klasse gaan. Ouers beweeg dan na die saal toe, waar die spreker Ds. Johan Smith die jaar op ʼn gepaste wyse afskop om 08:30 - 10:00.

Klasfoto’s sal eers later geneem word en dan kan leerders dit bestel.

Inligtingsaand:

Woensdag,  15 Januarie 2020 is dit reeds ons Graad 1’s se eerste verpligte oueraand om 18:00 in die onderskeie Gr. 1-klasse.  Bring asseblief skryfgoed en u kind se dagboek saam.  Indien dit moontlik is verkies ons dit dat u verblyf vir u kind sal reël.

Atletiek:

Saterdag 18 Januarie 2020 het ons Huissport by Laerskool Roodekrans.  Alle Graad 1-leerders neem deel.  Leerders kom met atletiekdrag skool toe (enige gekleurde T-hemp en LO-broekie).  Alle leerders moet 7:40 by hulle betrokke onderwyseres aanmeld op die rugbyveld onder die Gazebo.  Alle leerders gaan die 60m hardloop.  Indien leerder ʼn stempel op die hand kry, moet hulle asb. wag en nie huis toe gaan nie, omdat hulle weer gaan hardloop.  Leerders wat die 60m finaal hardloop, hardloop ook die 80m finaal.  Die Snoepie sal oop wees gedurende hierdie byeenkoms.

Baie dankie dat ons op u positiewe samewerking kan staatmaak.

Groete

 

 

Gr.1-Personeel                     A. ROUSSEAU                           G.G. ROUSSEAU

                                              GRONDSLAGFASEHOOF         HOOF