Laerskool Roodekrans se eie Taalportaal

 

Rodeo

"As die mens net sou weet dat die lewe 'n teater is... met die beste beligting, bewoording, kleredrag, toewyding, beplanning, betowering... dat 'doodgewoon' eenvoudig noodlottig is. As hy net sou weet." Nataniël   Welkom aan ALLE Roodies, leerders, ouers, onnies, oud-onnies, oud-leerders, oumas en oupas en beslis ook vriende van Laerskool Roodekrans. Só tesame met Nataniël se woorde, stel ons Laerskool Roodekrans se eie Taalportaal aan u bekend! Langer gaan ons nie GINNEGAAP nie- by ROODIES SE TAALPORTAAL gaan julle van interessante woorde, sê-goed, idiome, aanhalings, feite, mense, taal- en spelwenke hoor- ALLES IN AFRIKAANS- natuurlik! Weeklikse Afrikaanse interessanthede sal op Taalportaal geplaas word. Indien enige iemand 'n snaaksigheid, interessantheid, of belangrike feit oor ons geliefde taal en kultuur op Taalportaal wil deel, stuur gerus vir my u inligting via my e-pos, nl. [email protected]. Foto's, staaltjies en prentjies is ook welkom! Hierdie is 'n splinternuwe projek wat môre op 1 Augustus 2016 van stapel gestuur word en net nóg 'n groot deel gaan vorm van ons Roodie-kultuur en Roodie-familie. Dus moedig ons u almal aan om aktief deel van Roodies se Taalportaal te wees. Ons ís immers... TROTS AFRIKAANS, én TROTS ROODIES!! Met woorde en toewyding gaan ons u betower.  Mariska Visser (Kultuurorganiseerder)