Taalportaal

 

 

 

youtubeLaerskool Roodekrans  se YouTube Channel 

Stap 1: Gaan na die Laerskool Roodekrans Tuiste op Youtube. Volg hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UC422QLr_6nQLq2YvbOzSJ6Q
Stap 2: Klik op die "Subscribe" knoppie om Laerskool Roodekrans te volg.
Stap 3: Klik op die klokkie ikoon om in kennis gestel te word as enige nuwe video opgelaai is.

 

Laerskool Roodekrans  se TWEEDE YouTube Channel vir Graad 6 en 7
Stap 1: Gaan na die Laerskool Roodekrans Tuiste op Youtube. Volg hierdie skakel:  https://www.youtube.com/channel/UC6RvkD8QwYx7rzLJLqL3ubA/

Stap 2: Klik op die "Subscribe" knoppie om Laerskool Roodekrans te volg.
Stap 3: Klik op die klokkie ikoon om in kennis gestel te word as enige nuwe video opgelaai is.

Die volgende datums soos deurgegee deur die Minister van Basiese Onderwys gisteraand, is onderhewig aan goedkeuring deur die regering:

4 Mei - Open sektor - Distrikskantore
21 Mei - Rapporteer Bestuurspan by die skool.
?? Mei - Rapporteer Personeel by die skool
1 Junie - Gr. 7-leerders by die skool.

Die ander grade sal stelselmatig ingefaseer word.

Ons hoop elke Roodie en hul gesin is veilig en gesond.

#Roodiesgeeom
#Waardegedrewe

 

 

 

Taalwenk:

Selfstandige naamwoorde word meestal voorafgegaan deur lidwoorde. Bv. 'n Kind en die kind.

Taaltoffie:

Die trappe van vergelyking van ru en slu is:

ru               ruwer          die ruuste

slu              sluwer         die sluuste

Taalfeit:

Die Taalmonument in die Paarl is ontwerp deur die argitek Jan van Wijk.Die vorm van die Taalmonument stel die groei en ontwikkeling van Afrikaans voor.Die Afrikaanse Taalmonument is op 10 Oktober 1975 onthul.

Idioom:

Die idioom 'Iets uit jou duim suig 'beteken om iets te versin of met ander woorde ,'n leuen te vertel.

Vaste uitdrukking;

Die vaste uitdrukking 'ter herdenking aan ' beteken om iets/iemand se dade of 'n belangrike gebeurtenis in ons Afrikaanse geskiedenis te herdenk.

Woord van die week:

Volkseie 

Aanhaling van die week :

'Die slim man ken al die paaie....die wyse man ken die een regte pad.'C.J. Langenhoven