Taalportaal
Taalwenk:
Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "Familiebybel, Kanselbybel, Kinderbybel".
Taaltoffie:
Die oortreffende trap van vars is "die varsste".
Taalfeit:
Die eerste Afrikaanse koerant het op 15 Januarie 1876 verskyn en die koerant se naam was "Die Afrikaanse Patriot".
Idioom en betekenis:
"Spekskiet" beteken om te jok.
Aanhaling van die week:
"Liefde is daar of hy is nie daar nie. Dis soos eerlikheid of slegtigheid. Dis daar of nie."- P.G. du Plessis
Vaste uitdrukking:
Die vaste uitdrukking "tot tyd en wyl" beteken voorlopig.
Woord van die week:
Volksmond
Roodies, ons hoop jul almal geniet die Taalportaal! Onthou om julle bydraes te stuur.
AFRIKAANS IS MONUMENTAAL