Opedag ballonne

OPEDAG, GR. RR-, GR. R- EN GR. 1: 17 APRIL 2021

Op Saterdag, 17 April 2021, het Roodies se Opedag vir 2022 plaasgevind. ‘n Gemoedelike en ontspanne atmosfeer het geheers ten spyte van die koelerige weer. Daar was ‘n tasbare opgewondenheid by die kleintjies toe hulle na Jakkie Louw se vertoning gekyk het, terwyl Mnr. Deon Rousseau (ons hoof) en Pastoor Marius Keyter die ouers toegespreek het. Hulle het selfs saam met die leiers gedans, roomys geëet en lekker met nuwe maatjies gesels.

Mnr. Deon het op ‘n gepaste wyse met Psalm 105 geopen. Hy het die tema vir die jaar, nl. “Leef voluit”uit hierdie teks gekry. Mnr. Deon het die ouers verwelkom met die woorde dat ons passievol ons allerbeste vir die Allerhoogste moet gee.

Die beheerliggaam en bestuurspan is verwelkom en daarna het Pastoor Keyter (Beheerliggaam) met die ouers gesels oor ‘n keuse van skole en wat Roodies se uitgangpung is. Laerskool Roodekrans streef om die waardes van die skool uit te leef. By Roodies vind daar nie net onderrig plaas nie, maar word elke kind RAAK GELEEF. Roodies is op nuwe vlak (“next level”).

Mnr. Deon gesels daarna met ouers oor holistiese benadering t.o.v. akademie, sport, kultuur en ander aktiwiteite. Massadeelname vind plaas by die skool sodat vaardighede ontwikkel kan word. Hy het in diepte gepraat oor al die geleenthede wat die skool bied en genoem dat die skool se nuwe kommunikasie-plaform MSTEAM is.

Fooie en dissiplinêre stelsel sowel as ons waarde handjie is bespreek. Mnr. Deon moedig daarna die ouers aan om te kom gesels oor onsekerhede, dinge wat pla, ens aangesien ‘n oopdeur-beleid by Laerskool Roodekrans gevolg word. ALLE besluite word in beste belang van kinders geneem, aangesien kinders sentraal staan hier by ons skool. Ons skool is nie net kinders se skool nie, maar ouers se skool ook.

Die Gr. R- gradeplegtigheid en prysuidelings is bespreek omdat ons graag erkenning aan ons kinders wil gee. Voorts sê hy dat akademie die skool se eerste prioriteit is, en ononderhandelbaar is.

Die uitstallings buite die saal, deur verskeie naskole en instansies wat buitekurrikulêre aktiwiteite aanbied was ‘n lus vir die oog.

Die ouers kon die terrein en die veld besoek om verskeie aktiwiteite wat by die skool plaasvind te besigtig. Netbal, tennis, hokkie, rugby, krieket en robotika. Die ouers kon heerlike koffie en verversings op die veld geniet.

Dit was ‘n heerlike dag vol pragtige kinders en ouers.

Baie dankie aan Juf. Antoinette, Juf. Annemarie, bestuurspanlede, elke onderwyser en Renier (ons nuwe faktotum) en werkers wat die dag moontlik gemaak het.

Ons sien baie uit om al die nuwe Roodies in 2022 by die Roodie-familie te verwelkom.

Etikette