Welkom terug Roodies!

Almal kan nie staal buig of vlieg, maar daar is superkrag in elkeen se knieg as jy bid vir ‘n manier om te help. Dra iemand se tas, hou ‘n deur oop, ‘n glimlag van jou laat dalk net hul beker oorloop. ‘n Held het nie altyd ‘n “S” op sy bors nie, begin nou goed doen en moenie ‘n oomblik meer mors nie!

Baie dankie aan ons Gr. 7 hoofleiers/leiers asook ouers wat gehelp het met die versiering van die skool se hekke asook hierdie oulike bederf vir ons onderwysers om hierdie kwartaal motiverend af te skop.

#RoodiesIsTerug #KwartaalDrie #WaardeGedrewe