Laerskool Roodekrans
Visie- En Missiestelling
Om die laerskool van keuse te wees deur totaliteitsopvoeding aan te bied wat streef na uitnemendheid en die verwesenliking van potensiaal.
Ons missie is om:
* Omvattende en koste-effektiewe diens van 'n kwaliteit te lewer,
* 'n klimaat van aktiewe betrokkenheid by die gemeenskap, onderwysers en leerders te skep,
* Onvermoeid te strewe om deur middel van Afrikaans aan elke kind die geleentheid te bied om sy / haar volle potensiaal te ontwikkel,
* Elke kind te begelei om sy / haar besondere selfwaarde te help ontdek,
* Alle lewensvaardighede van elke kind sover moontlik te ontwikkel.
Boodskap van die Skoolhoof
Liewe Ouers en Kinders
Die Hoof en Personeel heet julle baie welkom by Laerskool
Roodekrans en die gemeenskap.
Ons hoop en vertrou dat u en u kind(ers) 'n baie aangename tydperk saam met ons gaan beleef en verwag ook dat elke leerder sy / haar deel sal bydra om die naam van die skool gestand te doen en selfs verder uit te bou.
Ons volg 'n oop-deur-beleid waar wedersydse kommunikasie voorrang geniet. Ons strewe daarna om alle lewensvaardighede van elke kind sover moontlik te ontwikkel.
Om die skool suksevol te bedryf en net die beste vir u kind te bied, maak ons staat op u volgehoue ondersteuning, samewerking en positiewe gesindheid teenoor ons skool.
Ek vertrou dat u en u kinders baie gelukkig sal wees in die Roodekrans-milieu.
Hoof
Skoolkode |
Skoollied |
|
Woorde: Wena Maartens (1980)
Ver van stadsgewoel in 'n stil vallei,
|
Laerskool Roodekrans
SKOOLWAPEN
1. Die Skild
Beskermend, Blinkend silwer, Skoon en Rein. Soos die onskuld van ons kinders, groot en klein.
2. Die Hugenote Anker
Vas, soos die tradisie van ons skool.
Donkergroen”
Vol groei. Ons kan ons waardes daarop skoei.
3. Die Protea
Ligte groen en vars. Trots van ons omgewing.
Leerders wat groei, gedy en hoop voortbring.
4. Die Stuifmeeldrade
Oranje;helder soos die son. Reik na Bo.
Wag, vir die Toekomslig wat kom.
5. Ons Leuse
Kennis, Trots, Geloof.
Soos die bene van die Anker.
Staan ons, met ons kop, trots omhoog!
.
Geskiedenis van die Skool
Op 1 Mei 1979 ontstaan Laerskool Roodekrans met Mnr B T Rentzke as eerste hoof. Mnr Roos, Inspekteur van Onderwys, het die amptelike opening waargeneem.
Die tweede hoof is Mnr J P Meyer wat in 1985 aangestel is en afgetree het in 2013. Tans is Mnr Deon Rousseau die hoof me intrede Januarie 2014.
Die skool is geleë tussen die mooi, protearyke heuwels van die voorstad, Roodekrans,Roodepoort aan die Wes-Rand. Van die begin af is daar gestrewe na die uitbouing en ontwikkeling van die skool tot sy volle potensiaal en is net die beste goed genoeg vir leerders en onderwysers.
- Toelatingsbeleid
- Gedragskode vir leerders
- Boeliebeleid
- Skoolreels
- Wat bied Laerskool Roodekrans aan
- Kleredrag
- Beleid ten opsigte van toekennings buite-skoolverband vir uitsonderlike prestasie
- Aanlyn Inskrywing
Klik bogenoemde skakel vir meer inligting.